Finweek - Afrikaans

IS WEELDE UIT DAGGA NET ’N BOOM-DROOM?

suid-Afrika is ’n land met oorvloedige natuurlike hulpbronne, waarvan dagga een is. Daar word gesê dat die land se klimaat perfek is vir die verbouing daarvan. Die matige, sonnige, seisoenale klimaat het dit virSA moontlik gemaak om een van die grootste produsente van ongereguleerde dagga ter wêreld te wees. Interpol het SA as die vierde grootste produsent ter wêreld aangewys, volgens die regering se Nasionale Daggameesterplan (NCMP), wat onlangs gepubliseer is.

Die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal en Limpopo is die provinsies wat glo veral vir daggaboerdery geskik is. As dit gewettig word, kan die land ’n wettige daggamark van miljarde rande hê. Die NCMP stel die huidige waarde van die plaaslike daggamark op sowat R28 miljard, waarvan ’n breukdeel wettig is.

Verstaan dagga

Dagga verwys na alle produkte wat gemaak word uit die gedroogde blomkoppe en blare van ’n plant genaamd cannabis sativa, luidens die NCMP. Dagga bevat ’n komplekse mengsel unieke kannabinoïede, saam met baie ander chemiese verbindings. Die belangrikste aktiewe bestanddeel wat verantwoordelik is vir die bedwelming wat dagga veroorsaak, is tetrahidrokannabinol (THC).

Dus verwys dagga (of boom, soos dit soms plaaslik genoem word) na dele van of produkte uit cannabis sativa wat THC bevat. Ander verwante stowwe in dagga sluit in kannabidiol (CBD) en kannabinol (CBN), wat albei heel ander farmakologiese uitwerkings het. CBD is ’n kannabinoïed met hoofsaaklik medisinale eienskappe.

Die wetlike status van dagga in SA

Drie gebeure het die wettigheid van dagga in SA sedert 2017 beïnvloed. Die nasionale departement van gesondheid het in 2017 ’n lisensiëringsraamwerk vir die plaaslike verbouing en verwerking van medisinale dagga ingestel. Die konstitusionele hof het in 2018 in ’n beduidende beslissing die

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Finweek - Afrikaans

Finweek - Afrikaans3 min read
Uitsonderlike Welvaart Oor 21 Jaar Geskep
min fondse kry dit reg om konstant die mark te klop. Die Coronation-top-20 is so ’n fonds. In die loop van sy 21 jaar lange prestasierekord het die fonds die plaaslike aandelemark se 15-voudige opbrengs in ’n 27-voudige opbrengs omgetower – ’n fenome
Finweek - Afrikaans4 min read
Fokus Op Die 31 Jaar Oue Orbis Global Equity-fonds
die Orbis Global Equity-fonds, een van die oudste in sy soort wat vir Suid-Afrikaanse beleggers beskikbaar is, is geruime tyd al ’n gunsteling onder beleggers. Die fonds is in Bermuda gevestig en het sedert sy ontstaan in 1990 ’n geannualiseerde opbr
Finweek - Afrikaans6 min read
Politici Probeer Eskom Kaap
andré de Ruyter, Eskom se uitvoerende hoof, is onder skoot en dis nie net sy toekoms wat in die weegskaal is nie. As hy gaan en beurtkrag stop, kan ons elektrisiteitsnetwerk ineenstort, wat tot ’n katastrofiese kragkrisis kan lei. Suid-Afrikaners bes