Huisgenoot

BEGIN VAN DIE EINDE VAN ALZHEIMER-SIEKTE?

BYNA vier dekades gelede het ’n wanhopige vrou vir John Hardy ’n brief gestuur. “Geagte Meneer,” het Carol Jennings, van Nottingham in Engeland, geskryf. “Toe ek van jou navorsing in die Alzheimer’s Disease Society News lees, het dit my geweldig geïnteresseer en ek dink my familie kan van nut wees.”

Haar 63-jarige pa het alzheimersiekte, het sy gesê, “en ook sy suster, Audrey. Sy broer, Arthur, het dalk ook die siekte.”

John onthou nog die brief.

“Sy het gesê: ‘My dokter sê gedurig vir my dit is nie geneties nie, maar hier is my stamboom, en dit is duidelik die geval.’ ”

Byna sonder uitsondering was daar mense in haar familie wat in hul 50’s alzheimersiekte ontwikkel het, en sy wou antwoorde hê.

Dis die brief wat op 1 000 studies uitgeloop en met ’n ompad tot beleggings van miljarde gelei het.

En onlangs, 35 jaar nadat Carol dit gestuur het en meer as ’n dekade nadat sy – soos sy altyd gevrees het – ook simptome begin wys het, is sy op ’n manier reg bewys.

Dit was met ’n feitestaat vir dokters wat die Amerikaanse voedselen medisynebeheerraad (FDA) in Junie uitgereik het. Daarin word inligting oor die land se jongste medisyne verstrek.

“Aduhelm,” begin dit, “is ’n amiloïed-beta-gerigte teenliggaam vir die behandeling van alzheimersiekte.

Met daardie banale openingsin het ’n eksperimentele middel ’n kliniese een geword. Die Amerikaanse reguleerders het eindelik ’n middel goedgekeur om alzheimersiekte te behandel – die eerste in 20 jaar.

As jy die reguleerders se oordeel aanvaar, beteken dit meer as bloot dat John reg was; dat die hipotese waarmee hy aan die begin van sy loopbaan

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot4 min read
Wanneer Die shein Verdof
DIS klaar moeilik om ’n goeie winskopie van die hand te wys – maar as dié kopie hom op jou foon voordoen en jy nie eens jou pajamas hoef uit te trek nie, raak dit haas onmoontlik. Dink daaraan as Black Friday elke dag van die jaar: ’n knoopjas teen ’
Huisgenoot4 min read
Wéér Saam In Nog ’n Storm
IN TYE van verlies of hartseer maak bloed- en liefdesbande jou sterker. Dis die krag van daardie band wat vandag die akteur Jurgen McEwan en sy susters, Leonie en Cheslynn, hier in hul grootwordhuis in Atlantis omvou. Want die lewe het hulle weer ’n
Huisgenoot2 min read
Dís Cool
Dis al 14 jaar terug wat die eerste Despicable Me uitgereik is. Dit word vandag nog gesien as een van die beste animasiereekse ooit. Natuurlik het die minions ’n massiewe rol in die sukses van dié fliekreeks gespeel – hulle het selfs deesdae hulle ei

Related