Landbouweekblad

Die toekoms van vars produkte

KORTOM

■ ’n Nuwe vertile, binnenshuise groenteverbouingstelsel vergemaklik produksie in die stad.

■ Minder water en energie word verbruik vir deurlopende voedselproduksie.

■ Geen plaagbestrydingsmiddels is nodig nie.

Die ooste van Pretoria is ’n studie in kontraste, waar die hoë-inkomste-woonbuurt Silver Lakes en die historiese township Mamelodi skouers skuur. Dit is hier, in ’n nywerheidsgebied, waar die maatskappy Urban Cultivation International met mnre. Juan Pollard en Christof Bothma aan die stuur van sake, stilweg besig is om ’n revolusie in voedselproduksie van stapel te stuur.

Pollard sê Urban Cultivation het vier jaar gelede begin. “Ek het ’n leemte in die mark gesien vir ’n stelsel wat die groot produksieuitgawes, soos vervoer en oesbeskermingsmiddels, kan verminder, terwyl produkte wat tradisioneel ekstensief geproduseer word, in pakhuise of leë geboue in stedelike gebiede verbou word.

“Die stelsel beskerm vars produkte wat gewoonlik groot hoeveelhede oesbeskermingsprodukte benodig, bespaar tot 90% op water en bemesting, verkort produksietydperke aansienlik, en bied produkte wat onaangeraak is deur gure weerstoestande.”

Dit was nie ’n nuwe idee

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad9 min read
Gesukkel Met Finansiering Kry Grondprojek Nie Onder
Hulle wou al baie meer vermag het, maar deur te begin met dít wat hulle gehad het, is hy en sy vennote stadig maar seker besig om ’n boerdery staan te maak wat ’n beter toekoms vir hul kinders kan beteken, vertel Johannes Kamfer, terwyl hy na die vru
Landbouweekblad1 min read
PP Mong-trust Hou 30ste Suksesvolle Veiling
Die PP Mong-trust van Bertus Mong het op 4 Junie sy 30ste suksesvolle produksieveiling op die plaas Florina, Villiersdorp, aangebied. Die duurste Hereford-bul, lot 107, is vir R90 000 aan AS Isted van Barkly-Oos verkoop. Sewe bulle is teen gemiddelde
Landbouweekblad3 min read
RPO Bied Raad Oor Bek-en-klouseer
TWEE aangrensende eiendomme net buite Humansdorp en ’n plaas in die Zuurveld-gebied wat daarmee verbind word, het positiewe gevalle van bek-enklouseer opgelewer, terwyl ’n geval op ’n nie-verwante plaas 28 km wes van die aanvanklike besmette plaas oo