Landbouweekblad

Stille waters, diepe grond

Daar is ’n ou wenk vir die waarnemer, sal die deurwinterde politieke stormvoëls jou verseker: As ’n politikus of regering baie lawaai maak oor ’n verandering in standpunt of beleid, oorspeel hy dikwels die belangrikheid daarvan. Die dag wanneer ’n politikus of ’n regering egter ’n verandering maak en dan beweer dit is sommer niks nie, maar net iets kleins – dít is wanneer ’n mens mooi moet oplet.

Politieke stormvoëls kom en gaan, hulle het dit soms reg en soms verkeerd, maar enige loervink – én die landbou – moet kennis neem van en wonder oor drie klaarblyklik beleidsgewys verwante regeringsbesluite die afgelope tyd. Eerstens, die besluit om 51% van die beheer oor die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAA) oor te dra aan private aandeelhouers. Tweedens, die besluit dat private kragvoorsieners voortaan 100 MW se elektrisiteit sonder ’n lisensie kan opwek. Der-dens, dat Transnet nou ontbondel sodat ’n afsonderlike hawe-owerheid beslag kry.

Dadelik is die p-woord al hoe harder gefluister – privatisering. En alte gou is dit ontken. Wat ís die

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad1 min read
PP Mong-trust Hou 30ste Suksesvolle Veiling
Die PP Mong-trust van Bertus Mong het op 4 Junie sy 30ste suksesvolle produksieveiling op die plaas Florina, Villiersdorp, aangebied. Die duurste Hereford-bul, lot 107, is vir R90 000 aan AS Isted van Barkly-Oos verkoop. Sewe bulle is teen gemiddelde
Landbouweekblad3 min read
Pannar Dra Sterk By Tot Opbrengssukses
Dirk de Beer, wat dekades gelede sy eie boerderye tussen Bloemhof en Hoopstad op die been gebring het, sê Pannar Saad se uitstekende mieliebasters pas goed in by hul rotasiestelsel en is ’n integrale deel van hul besluitnemingsproses. Die Dirlyn-boer
Landbouweekblad1 min read
Sybokhaarboer Van Oos-Kaap Loop Wêreldrekordprys Met Haarbreedte Mis
Op die laaste veiling van die huidige somerseisoen, gehou op 4 Junie in Gqeberha, het FEC Farming van Willowmore ’n nuwe somerseisoen-rekordprys van R1 046/kg behaal vir ’n baal BSFFK-superstylkleinbokkiehaar van 23 mikron. Dit was net R6/kg te min o