Landbouweekblad

Beeste is boere se fabrieke

LIGGING

Hochfeld, Namibië

KORTOM

■ Bulle met ’n hoë netto voerinname (NVI) het in Amerikaanse proewe 17,3-18% meer voer as bulle met ’n lae voerinname gevreet.

■ Die verskil tussen die voerkoste van verse met ’n lae en ’n hoë NVI was R5,70 per dag oftewel R681 oor ’n voertydperk van 120 dae, bereken teen ’n voerprys van R3 000 per ton.

■ Die nageslag van ouers wat vir lae NVI geselekteer is, het 15,4% minder voer ingeneem as nageslag van ouers wat vir hoë NVI geselekteer is.

Voer maak 55-75% van die totale koste van vleisbeesproduksie uit. Op ’n plaas is daar selfs ’n koste aan weiding verbonde, terwyl die boer ook koste met lekke het, volgens me. Izaan du Plooy wat vir die Lewendehawe-registrerende Federasie (LRF) se tegniese dienste en genomikaprojek verantwoordelik is.

Sy was een van die internasionale sprekers op ’n inligtingsdag wat deur mnre. Mecki Schneider van Grootfontein en Ebbi Fischer van Hochfeld op Fischer se plaas, Okawatuta, gehou is om die eerste vyf jaar se resultate van hul voerdoeltreffendheidsprojek met ’n GrowSafe-stelsel bekend te stel.

In die artikel “Netto voerinname die, 12 Augustus) het Schneider, Fischer, dr. Michael Bradfield van die LRF en me. Lisa Rumsfeld van Vytelle-GrowSafe in Kanada vertel hoekom voerdoeltreffendheid so belangrik is.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad9 min read
Gesukkel Met Finansiering Kry Grondprojek Nie Onder
Hulle wou al baie meer vermag het, maar deur te begin met dít wat hulle gehad het, is hy en sy vennote stadig maar seker besig om ’n boerdery staan te maak wat ’n beter toekoms vir hul kinders kan beteken, vertel Johannes Kamfer, terwyl hy na die vru
Landbouweekblad1 min read
PP Mong-trust Hou 30ste Suksesvolle Veiling
Die PP Mong-trust van Bertus Mong het op 4 Junie sy 30ste suksesvolle produksieveiling op die plaas Florina, Villiersdorp, aangebied. Die duurste Hereford-bul, lot 107, is vir R90 000 aan AS Isted van Barkly-Oos verkoop. Sewe bulle is teen gemiddelde
Landbouweekblad3 min read
RPO Bied Raad Oor Bek-en-klouseer
TWEE aangrensende eiendomme net buite Humansdorp en ’n plaas in die Zuurveld-gebied wat daarmee verbind word, het positiewe gevalle van bek-enklouseer opgelewer, terwyl ’n geval op ’n nie-verwante plaas 28 km wes van die aanvanklike besmette plaas oo

Related