Huisgenoot

EN HOE HET DIT DIE WÊRELD OORGENEEM?

DIS ’n reënerige someroggend in Londen, maar in my kop is ek ’n deelnemer aan die Olimpiese Spele in Tokio. Ek kyk op my foon na beeldmateriaal van hoe die Argentynse basketbalspeler Francisco Caffaro van 2,1 m lank hom in ’n Japannese storthokkie probeer inwurm.

Ek gaan na ’n video van die Britse gouemedaljewenner Tom Daley. Hy duik nie nou nie, maar wikkel sy kop op die maat van Olivia Rodrigo se “Deja vu”. En dan wys die Amerikaanse vlugbalspeler Erik Shoji hoe hy sy teriyaki-aandete in die Olimpiese dorp verorber.

Dis net nog ’n paar sekondes op die video-app TikTok, waar 75 miljoen verskillende video’s om jou aandag meeding. Dié Chinese app het binne net drie jaar uit die niet verskyn en ’n groot dryfkrag – indien nie die grootste nie – in die Westerse kultuur geword.

Onlangs het amper 2 miljard mense TikTok se logo – ’n agtstenoot – om die Euro 2020-sokkertoernooi se velde sien flits – die amptelike borg van dié toernooi. Intussen het miljoene aanhangers om die beurt na wedstryde gekyk en na TikToks van spelers wat dans of sokkerwenke deel.

Dit is ’n reusesprong vir die sosialemediaplatform wat baie mense aanvanklik as “net vir kinders” afgemaak het.

Sedert dit in Augustus 2018 wêreldwyd beskikbaar geraak het, is TikTok al 3 miljard keer afgelaai. ’n Geraamde 1,1 miljard mense in 150 lande gebruik dit daagliks. Dié lande sluit China en Indië uit. China het hul eie weergawe van

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot4 min read
Weer: Voorspellings En Patrone
DIE weer het op baie maniere ’n invloed op ons lewe. Sommige daarvan is klein – dit kan bepaal wat ons aantrek vir die dag, en of ons Sondag kan braai. En sommige daarvan is groot – ’n droogte kan vernietigend vir ’n boer wees, en ekstreme weer soos
Huisgenoot1 min read
Hallo, Superman!
HY HET groot skoene – en ’n groot pak – om te vul, maar DAVID CORENSWET is slaggereed vir die uitdaging as die nuwe akteur wat Superman speel. David en sy medester Rachel Brosnahan, wat Lois Lane speel, is op die stel van Superman: Legacy opgemerk. A
Huisgenoot3 min read
Op Ons Speellys
As kind het sy altyd gekyk hoe haar ouers die plek aan die brand dans terwyl hulle liefdevol in mekaar se oë staar. “Ons hele familie hou van dans. Dans maak my gelukkig. En as ’n man kan langarm soos my pa, is dit nog beter!” Aan die woord is die sa