Weg! Platteland

Waar bye koning kraai

As Simply Bee ’n byekorf was, was Helena van der Westhuizen sekerlik die koningin, maar nié van die inseksoort wat heeldag in voedsame prinsesselei baai en onophoudelik eiers lê nie. Nee, hiérdie moederowerste gedra haar meer soos ’n werkerby wat nie bang is om haar hande vuil te maak nie.

Al het Simply Bee se winkel, dekorwinkel, observasiesentrum, “fabriek” en spa – alles langs mekaar in Kerkstraat – verlede jaar heelwat minder besoekers as gewoonlik ontvang, het die aanlynverkope met ’n verstommende 600% gestyg én die onderneming het sy beste jaar tot nog toe beleef. Tog sê Helena, immer beskeie, dit is waarskynlik omdat verbruikers meer aanlyn begin koop het – “en natuurlik help dit baie as jy produkte vervaardig wat mense opgebruik en dan weer moet koop”.

Ondanks dié rekordverkope het Helena gedurende die inperking steeds “hopeloos te veel tyd vir dink en rondspeel” gehad. Só het sy stil-stil ’n nuwe vegan-velsorghandelsmerk, Hugo Apothecary, ontwikkel wat reeds aanlyn te koop is. Vir dié luukse botaniese reeks (wat nog nie amptelik as veganisties gesertifiseer nie) het Helena haar nooiensvan as naam gekies – om hulde te bring aan haar pa, wyle Derick Hugo, wat sy “die oorspronklike byeboer” noem en by wie sy waarskynlik haar entrepreneursgene geërf het. Die reeks is bekend gestel met tien produkte en 57 vlugtige olies in

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Platteland

Weg: Platteland2 min read
Só Werk Die ‘Platteland’-familie
Dit is vroeg in Maart en ons is op pad Noorde toe, die verloopte Hoëvelder en die Namakwalander. In ’n ou Ford-bakkie. Daar’s stories wat wag in Pretoria en Cullinan. Ons bly weg van die N1 af; kies eerder die stiller en mooier agterpad – Nieuwoudtvi
Weg: Platteland9 min read
Ons Gaan Terug plaas Toe!
In ’n fraai vallei tussen Ngodwana en Waterval-Boven, omtrent 15km suidwes van die Sappi Ngodwanapapiermeule, draai jy van die besige N4 af en mik noord oor die Elandsrivier na die voet van ’n berg. Dit is hier waar jy Dombeya – ’n plaas en kwekery –
Weg: Platteland8 min read
Vir die Voëls…
Voëlfariseërs wat vroeg uit die vere is, gewaar hulle gewoonlik eerste: groepies grafstil zombies gewapen met gevaarlike verkykers, ore spits soos bakoorjakkalse, wat na ’n onopvallende bruin struik staar. Uit die halfdood bosgasie het blykbaar pas d

Related