Weg! Platteland

Wonderwêreld van die storiefee

Soos ’n fee verskyn Carina Stander uit die woud diep in die Tsitsikamma waar sy woon. Kaalvoet, in ’n eenvoudige wit rok, en met pasgewaste hare – lank en donkerbruin met spatsels kleur wat in die son glinster. Op die tuinpaadjie wat sy en haar man en twee seuns met hulle eie hande gebou het, kom sy aangestap, byna swewend, tot by die tuinhekkie in die wit paaltjiesheining. Sy glimlag breed, gooi haar hande wyd oop, draai haar kop skuins sodat sy die ruie plantegroei rondom haar betrag. “Welkom in ons wêreld!”

Dit is ’n wonderwêreld van verhale en fantasie en verbeelding wat sy en haar man, Gerrit van Niekerk, en hulle twee seuns, die 14-jarige Aden en 10-jarige Ilan, kom skep het. In die tuin baljaar ape en loeries ongehinderd, so nou en dan maak een van die twee katte, Mooiloop en Avontier (volgens Aden beteken dit “nagtier”), hulle verskyning, en oral in die tuin word ’n mens verras deur blomme, paadjies, beeldhouwerke, knus sithoekies, boomhuise, hangmatte en ’n foefieslaaid.

Binne die dubbelverdieping-houthuis is dit eweneens fantasie wat

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Platteland

Weg: Platteland3 min read
Nuus & dagboek
Leer ken jou vierbeenvriend op ’n dieper vlak op die hondecamino, ’n nuwe slenterstaproete oor vier dae al langs die Hermanus-kuslyn – van Grottostrand tot by die Fernkloof-natuurreservaat. Die hondecamino – of dan Canine Camino – is die breinkind va
Weg: Platteland1 min read
Die Vonkel spat!
Vonkeltee – ’n koudgebroude ystee wat bruis soos sodawater – is die jongste produk van die wyn-vrugte-en-gasteplaas Babylonstoren naby Franschhoek wat ons oog getref het. Die nuwe laekilojoule-drankie is in 300 ml-blikkies te kry, in twee geure: rooi
Weg: Platteland2 min read
Vrede In Die Eenvoud
Ek het al gewonder, as ek die bome en strate van my omgewing verlaat vir die stilte en die oopte van die Suid-Kaap se paaie, waarom ek juis dáár makliker ’n filosoof sou kon wees. Dalk is dit die eenvoud van die natuur wat dan plek maak vir gedagtes,

Related Books & Audiobooks