Landbouweekblad

Kies basiese komponente vir sonkrag reg

Die omsetter is een van die belangrikste skakels in sonkragontwerpe, en ontwerpe word gevolglik beperk deur die tipe, gehalte en beskikbaarheid van omsetters.

Die doel van ’n omsetter is om die gelykstroom wat deur die sonpanele opgewek word, om te skakel in 50 Hz-wisselstroom wat die kragnetwerk voorsien, en indien jy batterye gebruik, om ook die batterye te laai. Die keuse van ’n omsetter word bepaal deur die tipe toepassing wat benodig word en die grootte van die installasie.

Omsetters word in twee groepe ingedeel: dié wat met hoëfrekwensie-elektronika werk, en dié wat met ’n transformator (laefrekwensie) werk. Die transformator-tipe is gewoonlik betroubaarder en word nie so maklik beskadig wanneer dinge buite sy parameters gebeur nie, soos kortsluitings. Dit het egter ’n laer energiedoeltreffendheid as die hoëfrekwensie-tipes.

VIER TOEPASSINGS

Omsetters word in vier hooftoepassings gebruik:

. Dit is die goedkoopste, gewildste tipe stelsel. Die omsetter vul sy krag vanaf die netwerk aan as die sonlig te min word en word hoofsaaklik gebruik om die kragrekening te verminder. Sodra die nasionale).

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad1 min read
PP Mong-trust Hou 30ste Suksesvolle Veiling
Die PP Mong-trust van Bertus Mong het op 4 Junie sy 30ste suksesvolle produksieveiling op die plaas Florina, Villiersdorp, aangebied. Die duurste Hereford-bul, lot 107, is vir R90 000 aan AS Isted van Barkly-Oos verkoop. Sewe bulle is teen gemiddelde
Landbouweekblad3 min read
Pannar Dra Sterk By Tot Opbrengssukses
Dirk de Beer, wat dekades gelede sy eie boerderye tussen Bloemhof en Hoopstad op die been gebring het, sê Pannar Saad se uitstekende mieliebasters pas goed in by hul rotasiestelsel en is ’n integrale deel van hul besluitnemingsproses. Die Dirlyn-boer
Landbouweekblad1 min read
Sybokhaarboer Van Oos-Kaap Loop Wêreldrekordprys Met Haarbreedte Mis
Op die laaste veiling van die huidige somerseisoen, gehou op 4 Junie in Gqeberha, het FEC Farming van Willowmore ’n nuwe somerseisoen-rekordprys van R1 046/kg behaal vir ’n baal BSFFK-superstylkleinbokkiehaar van 23 mikron. Dit was net R6/kg te min o