Landbouweekblad

SÓ GEBRUIK BOERE WEERVOORSPELLINGS VIR BEPLANNING

Boere “tik nog die glas”, luister draadloosweer, kyk die tekens in die natuur en weet nog in sekere dele van die land waai die oostewind ná ryp.

Dit is net dat daar nou soveel ander, meer gesofistikeerde en omvattender hulpmiddels beskikbaar is. En hulle word gebruik.

Die beskikbaarheid van weerstasies op plase, en webwerwe wat reën-, wind- en temperatuurvooruitsigte met taamlike akkuraatheid voorspel, bied deesdae net soveel moontlikhede as die toerusting en modelle wat vir weervoorspellers beskikbaar is.

Uit gesprekke met boere kom ’n mens agter hoe intensiewer die boerdery is, hoe meer hulpmiddels gebruik hulle. Ekstensiewe veeboere stel ander vereistes as graanof vrugteboere, en hou die natuur en die toestand van die veld met baie fyner oë dop.

Maar dat reën-, wind- en temperatuurvoorspellings belangrik is vir beplanning en in die toekoms belangriker gaan word, is nie altemit nie. “Die rol en belangrikheid van akkurate weervoorspelling sal in die toekoms toeneem omdat ons eindeloos streef om produktiewer te boer en die weer só ’n groot invloed op ons boerderye het,” sê mnr. Pieter de Jager van die plaas Karnemelksvlei by Albertinia.

Boere let op dat die weer dalk wisselvalliger kan word met klimaatsverandering en akkurate voorspellings ook daarom so belangrik sal wees.

Aan die ander kant kan onakkurate voorspellings ernstige nadele inhou, sê mnr. Jarred Delport van Sandveld Sitrus by Clanwilliam. “As die voorspelling vir reën of temperatuur nie akkuraat is nie, en ek doen sekere bespuitings daarvolgens, kan dit gebeur dat ek nie my oes kan set nie en miljoene rande verloor. As erge

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad1 min read
PP Mong-trust Hou 30ste Suksesvolle Veiling
Die PP Mong-trust van Bertus Mong het op 4 Junie sy 30ste suksesvolle produksieveiling op die plaas Florina, Villiersdorp, aangebied. Die duurste Hereford-bul, lot 107, is vir R90 000 aan AS Isted van Barkly-Oos verkoop. Sewe bulle is teen gemiddelde
Landbouweekblad3 min read
Pannar Dra Sterk By Tot Opbrengssukses
Dirk de Beer, wat dekades gelede sy eie boerderye tussen Bloemhof en Hoopstad op die been gebring het, sê Pannar Saad se uitstekende mieliebasters pas goed in by hul rotasiestelsel en is ’n integrale deel van hul besluitnemingsproses. Die Dirlyn-boer
Landbouweekblad1 min read
Sybokhaarboer Van Oos-Kaap Loop Wêreldrekordprys Met Haarbreedte Mis
Op die laaste veiling van die huidige somerseisoen, gehou op 4 Junie in Gqeberha, het FEC Farming van Willowmore ’n nuwe somerseisoen-rekordprys van R1 046/kg behaal vir ’n baal BSFFK-superstylkleinbokkiehaar van 23 mikron. Dit was net R6/kg te min o