Landbouweekblad

NUWE PRAKTYKE MET PEULGEWASSE KLOP KOSTE EN ONKRUID

Daar is al geruime tyd kommer oor die afname in die gebruik van peulgewasse in wisselboustelsels in die Mediterreense gebiede van Europa, Australië en ook Suid-Afrika.

Minder peulgewasse kan ’n daling in grondkoolstof en -vrugbaarheid, ’n verhoging in plantsiektes en ’n groter afhanklikheid van kunsmis (sintetiese misstowwe) en onkruiddoder tot gevolg hê.

In die meeste lande was die afname in die gebruik van peulgewasse as gevolg van ’n gebrek aan bemarkingsmoontlikhede daarvoor en, in die geval van Wes-Australië, te min peulgewasse vir ’n groot verskeidenheid grond- en klimaattoestande.

Verder veroorsaak die hedendaagse gebruik om kontantgewasse voor die reëntyd in droë grond te plant, dat peulgewassaad twee tot drie weke ná die reën geplant word. Groei kan stadig wees vanweë laer temperature. As die seisoen dan vroeg klaarmaak, kan saadset swak wees.

Om die probleme te oorkom, het Australiese navorsers jare lank die Mediterreense gebiede van die wêreld gefynkam vir peulgewasse wat groot hoeveelhede materiaal lewer, diep wortelstelsels het en in betreklik suur grond kan groei.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad1 min read
PP Mong-trust Hou 30ste Suksesvolle Veiling
Die PP Mong-trust van Bertus Mong het op 4 Junie sy 30ste suksesvolle produksieveiling op die plaas Florina, Villiersdorp, aangebied. Die duurste Hereford-bul, lot 107, is vir R90 000 aan AS Isted van Barkly-Oos verkoop. Sewe bulle is teen gemiddelde
Landbouweekblad3 min read
Pannar Dra Sterk By Tot Opbrengssukses
Dirk de Beer, wat dekades gelede sy eie boerderye tussen Bloemhof en Hoopstad op die been gebring het, sê Pannar Saad se uitstekende mieliebasters pas goed in by hul rotasiestelsel en is ’n integrale deel van hul besluitnemingsproses. Die Dirlyn-boer
Landbouweekblad1 min read
Sybokhaarboer Van Oos-Kaap Loop Wêreldrekordprys Met Haarbreedte Mis
Op die laaste veiling van die huidige somerseisoen, gehou op 4 Junie in Gqeberha, het FEC Farming van Willowmore ’n nuwe somerseisoen-rekordprys van R1 046/kg behaal vir ’n baal BSFFK-superstylkleinbokkiehaar van 23 mikron. Dit was net R6/kg te min o

Related