Landbouweekblad

MAKROBOERDERY ONDER MIKROBESTUUR

KORTOM

■ Die Genade-boerdery verbou primêre produkte van gehalte en volg ’n gediversifiseerde boerderybenadering waarin risiko omvattend beperk word.

■ Mnr. Gerhard Bruwer benut die bedingingsmag van Genade-boerdery se skaalgrootte om beter pryse vir produkte en laer insetkoste te beding.

■ Spesialiskundigheid van die onderskeie aandeelhouers dra by tot die suksesvolle bestuur van die groter boerdery.

Mnr. Gerhard Bruwer van Douglas, Noord-Kaapse Jongboer van die Jaar, speel ’n leiersrol in die bestuur van een van Suid-Afrika se grootste familieboerderye wat jaarliks derduisende ton voedsel verbou. Gerhard en sy twee broers aanvaar die verantwoordelikheid van hul afsonderlike eenhede van sowat 2 000 ha besproeiingsgrond wat die groter Genade-boerdery van hul pa, mnr. Vickie Bruwer, uitmaak. Gerhard boer in die Douglas-gebied (grondbone, aartappels), Vickie jr. in die Schmidtsdrif-gebied, en Hannes by Hopetown (uie en springmielies).

Koring, gars, kommersiële mielies, lusern, uie, pekanneute, druiwe en ’n beesvertakking maak deel uit van die sowat tien gediversifiseerde produksievertakkings van die groter boerdery. Die produksie en ander kwessies word maandeliks op ’n familievergadering bespreek.

Benewens die algemene verpligting teenoor hul eenhede, het elkeen ’n spesialistaak. Vickie jr. vervul die rol van ingenieur wat na die werktuie

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad9 min read
Gesukkel Met Finansiering Kry Grondprojek Nie Onder
Hulle wou al baie meer vermag het, maar deur te begin met dít wat hulle gehad het, is hy en sy vennote stadig maar seker besig om ’n boerdery staan te maak wat ’n beter toekoms vir hul kinders kan beteken, vertel Johannes Kamfer, terwyl hy na die vru
Landbouweekblad1 min read
PP Mong-trust Hou 30ste Suksesvolle Veiling
Die PP Mong-trust van Bertus Mong het op 4 Junie sy 30ste suksesvolle produksieveiling op die plaas Florina, Villiersdorp, aangebied. Die duurste Hereford-bul, lot 107, is vir R90 000 aan AS Isted van Barkly-Oos verkoop. Sewe bulle is teen gemiddelde
Landbouweekblad1 min read
Limpopo-pryse Bult Spiere
In Gauteng en KwaZulu-Natal het die pryse van grondtransaksies redelik stabiel gebly, en in Limpopo is ’n verbetering in byna driekwart van die distrikte opmerklik. Daar was 502 transaksies in Gauteng en 81 672 ha is vir R3,438 miljard verhandel. In