Huisgenoot

AL DIE TALENTE IN EEN LYF

SY WAS net ses jaar oud toe haar pa al spog sy jongste is “baie lewendig en slim en wil net heeldag werk, werk, werk…’’ En onlangs, 15 jaar nadat Ian von Memerty, bekend as Suid-Afrika se “woordeboekdefinisie van showbiz” sy dogter Kasvia so aan Huisgenoot beskryf het, het sy voor ’n wêreldwye TV-gehoor van rugbykykers gewys die appel val nie ver van die boom nie.

Sy het nie net pa se kuiltjiesglimlag en ma Vivienne, ’n gewese baldanskampioen, se skoonheid geërf nie, maar ook hul verhoogtalent en waagmoed.

Toe SA Rugby haar bel en sê hulle soek iemand om die landslied by die toets teen die Poemas in die Nelson Mandelabaai-stadion te sing het sy nie gehuiwer nie. Wil sy ’n kandidaat wees?

“Ek het vir hulle gestuur. En ’n paar dae later bel hulle my weer: Die werk is myne,” vertel Kasvia (21) uit haar tuisstad, Gqeberha.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot5 min read
Nuwe Gesiggies In Mr. Men-land
HOE lyk ’n kielie? Watter klere dra ’n skok? Hoe praat ’n kopstamp? Dis vrae wat enige ouer sou laat kopkrap. “Pa, hoe lyk ’n kielie?” was presies die uitdaging wat Roger Hargreaves se seun Adam hom in 1971 as agtjarige by die ontbyttafel gestel het.
Huisgenoot9 min read
Twee Bondels Vreugde, Jakkals En Wolf
’N MENS ken hom as ’n wêreldreisiger wat nie maklik vir ’n nuwe uitdaging terugdeins nie – of dit nou is om met ’n stapstok in die hand, laphoed op die kop en rugsak die Camino de Santiago-pelgrimstog in Spanje aan te durf, deur Frankryk se bergpasse
Huisgenoot1 min read
Afrikaans Ensovoorts
Sit jy? Dis dalk beter so. Want die volgende mag kom as ’n skok. Waar kry Holland sy naam vandaan? Ons weet die Lae Lande lê nie hoog nie, en die woord “Nederland” lyk ook vir ons onder die hand liggend: Holland is tog sekerlik net ’n land wat ’n hol

Related Books & Audiobooks