KEER SÓ BEDROG MET VOEDSEL
![landbouza210930_article_058_01_01](https://article-imgs.scribdassets.com/4y0ox1z0ao90e0s4/images/fileAQE5KO02.jpg)
![landbouza210930_article_058_01_02](https://article-imgs.scribdassets.com/4y0ox1z0ao90e0s4/images/fileZOP3U4DG.jpg)
![landbouza210930_article_058_01_03](https://article-imgs.scribdassets.com/4y0ox1z0ao90e0s4/images/fileYFWELE3J.jpg)
Die deregulering van landboubemarking in die vroeë 1990’s het die bemarkingslandskap vir landbou- en voedselprodukte drasties verander. Van hoofsaaklik gereguleerde eenkanaalbemarking met streng beheer en min geleentheid vir eie bemarking wat van 1950 tot vroeg in 1990 gegeld het, is landboubemarking deesdae meesal vryemark-georiënteerd en bied dit verskeie geleenthede vir primêre produsente.
Die nuwe bedeling skep onder meer vir produsente die geleentheid om waarde toe te voeg en só ’n groter deel van die verbruikersrand te bekom. Deur eie verwerking, verpakking en direkte verkope aan kleinhandelaars en verbruikers het produsente geleidelik hul eie handelsmerke gevestig, maar onwetend ook die komplekse wêreld van voedselveiligheid, higiëne, voeding, handelsmerke en etikettering betree.
Dit wil voorkom of alle produsente nie die implikasies en omvang van die verskillende reëls, wette en regulasies wat die handel in voedselprodukte reguleer, volledig verstaan nie. Soms tree hulle onwetend onwettig op, maar soms ook
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days