Finweek - Afrikaans

Uitgeput en uitgebrand… by die huis

as iemand vir Beth* ’n paar jaar gelede gesê het dat sy vir stres en uitbranding in ’n psigiatriese kliniek opgeneem sal word terwyl sy van die huis af werk, sou sy gelag het. Dis moet mos minder stresvol wees om van die huis af te werk – jy sien nie jou kollegas nie, daar’s nie ’n baas wat oor jou skouer loer nie en jou ure is jou eie. Of hoe?

Beth is ’n rekenmeester by ’n JSE-genoteerde maatskappy, wat noodsaaklike dienste tydens die eerste inperkings gelewer het. Die grootste gedeelte van die maatskappy se personeel het toe by die huis begin werk en vandag werk personeel tuis en by die kantoor.

“Dit was aanvanklik gerieflik en selfs pret om aanlyn vergaderings te hou, maar soos tyd verloop het, was die vergaderings merkbaar stiller en mense het meer aggressief tenoor mekaar begin optree. Dit was duidelik dat die spanning oor die pandemie, sowel as talle kollegas wat geliefdes in hierdie tyd verloor het, sy tol begin eis het. My bestuurder het my ook op onmoontlike tye begin bel, selfs halfelf in die aand,” vertel Beth.

Die maatskappy is ook in hierdie tyd geherstruktureer

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Finweek - Afrikaans

Finweek - Afrikaans4 min read
Fokus Op Die 31 Jaar Oue Orbis Global Equity-fonds
die Orbis Global Equity-fonds, een van die oudste in sy soort wat vir Suid-Afrikaanse beleggers beskikbaar is, is geruime tyd al ’n gunsteling onder beleggers. Die fonds is in Bermuda gevestig en het sedert sy ontstaan in 1990 ’n geannualiseerde opbr
Finweek - Afrikaans2 min read
Die Redakteur Sê
alle eras kom tot ’n einde. Gedurende die onlangse munisipale verkiesing, het die ANC – wat post-apartheid-politiek oorheers het – minder as 50% van Suid-Afrikaners se stemme op hom verenig. Die dood van die voormalige president FW de Klerk is ook di
Finweek - Afrikaans3 min read
Hoe Om In Die Volgende Dekade Na Waarde In Aandele Te Soek
baie mense vra my uit oor die vooruitsigte vir wêreldaandelefondse in die volgende dekade. Dis nie ’n maklike vraag om te beantwoord nie. Soos ek al voorheen aangedui het, is die gehalte van die fondse waarin jy belê belangriker as die enkele prestas

Related