Landbouweekblad

Plaasverkope

MARKNEIGINGS

GRONDPRYSE TEL KOP OP NÁ DROOGTE

In die TABEL is ’n opsomming van grondtransaksies groter as 10 ha in die Oos-Kaap vir die 12 maande tot Augustus vanjaar.

In dié tyd is 305 ooreenkomste in 34 distrikte gesluit. Die sluit van aktekantore vanweë covid-19 verlede jaar het vergelykende neigings vir die provinsie bemoeilik. Altesame 164 444 ha is teen R1,854 miljard verhandel. In 14 van die distrikte (41% teenoor 51% die vorige jaar) is dalende prysneigings waargeneem. Ná die ernstige droogte lyk dit asof grondpryse in groot dele van die provinsie stabiliseer.

Pryse het goed gestyg by Albanie (12,6%), Barkly-Oos (21%), Graaff-Reinet (11,8%), Jansenville (14,5%), Qonce (13,2%), Tarkastad (14%) en Uniondale (16,5%). By Elliott (-10,7%), Komga (-21,8%) en Maclear (-11,5%) het pryse met meer as 10% gedaal.

Transaksieverhandelings ten opsigte van plaasgrootte lyk soos volg (met verlede jaar se syfer tussen hakies): kleiner as 50 ha, is 27% (23%); 50-150 ha, 12% (14%); 150-300 ha, 11% (15%); 300-450 ha, 13% (13%); 450-600 ha, 8% (13%); groter as 600 ha, 28% (28%).

Statistieke vir ál die provinsies is op Landbou.com beskikbaar, asook meer besonderhede, soos wie die transaksies aangegaan het. Klik op Plase/Grond-oudit. Dit behels:

Statistieke.

Besonderhede oor alle plaasverkope binne ’n distrik.

Die onderstaande oordragte van plaaseiendomme is deur aktekantore geregistreer (plaasnommer tussen hakies).

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad5 min read
Strenger EU-reëls Op Pad ... ‘Maar Praat Met Die Boer’
DIE sybokhaarbedryf sal rekening moet hou met strenger regulasies van die Europese Unie (EU), was die sentrale boodskap op die pas afgelope kongres van Sybokhaar Suid-Afrika (SSA) op Graaff-Reinet. Suid-Afrika maan egter teen die oorhaastige instelli
Landbouweekblad9 min read
Gesukkel Met Finansiering Kry Grondprojek Nie Onder
Hulle wou al baie meer vermag het, maar deur te begin met dít wat hulle gehad het, is hy en sy vennote stadig maar seker besig om ’n boerdery staan te maak wat ’n beter toekoms vir hul kinders kan beteken, vertel Johannes Kamfer, terwyl hy na die vru
Landbouweekblad3 min read
RPO Bied Raad Oor Bek-en-klouseer
TWEE aangrensende eiendomme net buite Humansdorp en ’n plaas in die Zuurveld-gebied wat daarmee verbind word, het positiewe gevalle van bek-enklouseer opgelewer, terwyl ’n geval op ’n nie-verwante plaas 28 km wes van die aanvanklike besmette plaas oo