Slim planne met kompos en dekgewasse
![landbouza211007_article_040_01_01](https://article-imgs.scribdassets.com/5of4vrvvgg918b1f/images/file2WIL3JZ8.jpg)
Boere wat ernstig nalees oor meer volhoubare stelsels wat minder gekoopte produksiemiddels benodig, loop hulle gou vas teen die groot verskille in plaaslike toestande en dit wat in oorsese artikels en video’s op die internet geld.
As jy egter die beginsels verstaan wat die verskillende metodes van komposbereiding of die versterking van grondlewe onderlê, kan die metodes vir feitlik enige omstandighede aangepas word.
Dit is die pragmatiese les wat me. Martli Slabber, ’n sitrusboer by Citrusdal, geleer het vandat sy begin kompos maak het en ’n deel van haar boorde na organiese praktyke oorgeskakel het.
Sy het mettertyd geleer dat die antwoord nie konvensionele kompos is nie, maar dekgewasse waarvan die saad met ’n komposkonsentraat behandel is om veral swamme in die grond te kry.
“Ek het na maniere gesoek om peulgewasse doeltreffend te vestig om stikstof op die plaas neer te lê. Dit is hoe ek by dekgewasse uitgekom het.”
Sy het ook besef dat haar boorde se redding nie net van dekgewasse sou kom nie; sy moes ook die organiese fraksie in haar grond verbeter.
![landbouza211007_article_040_01_02](https://article-imgs.scribdassets.com/5of4vrvvgg918b1f/images/fileCWQX2F5G.jpg)
Sy het in 2008 met ’n gidsprojek begin waarin sy 3 ha suurlemoene volgens organiese beginsels begin verbou het. Sy konsentreer haar grondbestuursinsette op haar organiese boorde, maar by haar konvensionele boorde sukkel sy steeds om “oor daardie brug te kom” aangesien kunsmis en plaagdoders die mikrobe-simbiose in die grond ondermyn.
In die proses het sy uitgevind dat dit ’n baie “alleending” is om organies met vrugte in Suid-Afrika te boer, veral as
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days