Planne vir ’n marginale gebied
Die Rooi-Karoo by Piketberg het lanklaas só mooi gelyk soos die afgelope September. Koring, lupiene, medicsweidings en selfs ’n bietjie moutgars staan geil in dié andersins marginale graangebied.
Die gebied, wat oos van die N7 geleë is, se laer gemiddelde reënval en rooi kleigrond stel baie spesifieke vereistes aan die boere daar.
Me. Maret van Rensburg van die plase Laingsrus en Môreson meen die gebied moet anders bestuur word, want die norme wat vir aanbevelings gebruik word, geld nie altyd daar nie.
Dit is omdat die norme deur sekere aannames onderlê word. Deesdae moet die aannames ook verklaar en ondersoek word.
Sy stel voor boere kyk anders na Justus von Liebig, ’n 19de eeuse Duitse chemikus, se wet van minimums en die vaatjie-analogie wat daaruit voortvloei.
Die vaatjie-analogie klink só: Net soos ’n lendelam vaatjie se vermoë om water te hou, beperk word deur die kortste duig (vaatjieplank), word plante se vermoë om te groei, beperk deur die voedingstof of biotiese of abiotiese groeiparameter waarvan daar die minste is.
In die Rooi-Karoo is water (reën, vog in die grond) die beperkendste element wat plante se vermoë om sekere elemente op te neem, belemmer.
Van Rensburg, ’n landboukundige, boer saam met haar man, Jaco. Sy adviseer haar pa,
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days