KORT, BLOND EN DIE BESTE BOND?
Oct 08, 2021
4 minutes
Saamgestel deur MAXINE PETERS
TE BLOND, te kort, te lelik, te grof – hy is dit alles genoem toe dit bekend word hý gaan die beroemdste fiktiewe spioen ooit speel.
James Bond was veronderstel om lank, donker en sjarmant te wees, het mense gekla. Hy is veronderstel om charismaties, sexy en swierig te wees. Wie op aarde het gedink Daniel Craig kan Sean Connery, Roger Moore en Pierce Brosnan se skoene vol staan?
Kort voor lank is daar selfs ’n webblad gestig met die adres danielcraigisnotbond.com waar kritici gal gebraak het.
“Ek is seker ’n blonde man kan James Bond speel, maar nie iemand so lelik en oncharismaties soos Daniel Craig nie,” het Margie van Duitsland laat hoor.
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days