Huisgenoot

NÓG VREUGDE MET BABA NO. 2

‘EK VOEL SOOS DIE MEES GESEËNDE, GELUKKIGSTE VROU OP AARDE. AL MY DROME HET WAAR GEWORD’

DIE bedrywige krulkoppie se gesiggie is die ene verwondering terwyl sy met groot, nuuskierige oë kyk hoe haar ma se blonde lokke gestileer word.

“Myne ook!” roep die kleinding opgewonde uit en gryp na die twee stywe bollatjies op haar kop. “Ek wil ook!”

Dis oomblikke soos dié wat haar herinner hoe kosbaar ma-wees vir haar is, sê die aktrise Reandi Grey, klein Heidi (2) se trotse ma. En nou sien sy en haar man, Dewald, daarna uit om vroeg in die nuwe jaar nog ’n kindjie in hul huis en lewe te verwelkom.

“Ek’s vyf maande swanger,” deel sy die nuus eksklusief met Huisgenoot. “Heidi gaan ’n sussie kry, en ons kan nie blyer wees nie.”

Al is die klein woelwater ook opgewonde oor die nuwe baba, stel sy op die oomblik meer belang in die haarverlengings wat sy duskant die grimeertafel raakgesien het. Haar ogies vonkel toe sy haar handjies met die haarstukke na haar ma toe uitstrek.

“Kyk net hoe mooi lyk jy,” sê Reandi (32) terwyl sy die verlengstuk aan haar dogtertjie se krulle vasknip.

Die “klein aktrisetjie”, soos haar ma haar al klaar noem, gooi haar lang poniestert teatraal oor haar skouer, maak ’n draai in die

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot4 min read
Weer: Voorspellings En Patrone
DIE weer het op baie maniere ’n invloed op ons lewe. Sommige daarvan is klein – dit kan bepaal wat ons aantrek vir die dag, en of ons Sondag kan braai. En sommige daarvan is groot – ’n droogte kan vernietigend vir ’n boer wees, en ekstreme weer soos
Huisgenoot1 min read
Hallo, Superman!
HY HET groot skoene – en ’n groot pak – om te vul, maar DAVID CORENSWET is slaggereed vir die uitdaging as die nuwe akteur wat Superman speel. David en sy medester Rachel Brosnahan, wat Lois Lane speel, is op die stel van Superman: Legacy opgemerk. A
Huisgenoot3 min read
Op Ons Speellys
As kind het sy altyd gekyk hoe haar ouers die plek aan die brand dans terwyl hulle liefdevol in mekaar se oë staar. “Ons hele familie hou van dans. Dans maak my gelukkig. En as ’n man kan langarm soos my pa, is dit nog beter!” Aan die woord is die sa

Related