Landbouweekblad

ORGANIES WERK AS JY DAARIN GLO

Baie boere dink organies kan nie in een asem met ’n kommersiële sukses genoem word nie. Ja, daar is heelwat vereistes en nie noodwendig minder probleme nie, maar as ’n mens dit reg benader, hoef die twee mekaar nie uit te sluit nie.

Mnr. Jacques de Villiers, direkteur van die Zilverstroom Farms-boerdery buite Prieska, sien kans vir dié eise, want hy boer vir sy kinders se toekoms.

“Organiese verbouing dwing ’n mens om dieper te dink, te eksperimenteer en planne te beraam.” Hy verbou organiese pampoene en patats wat aan die Europese mark gelewer word. Die lusern wat hy tussendeur op die landerye plant om grondgesondheid te verbeter, is ook organies.

Sy pekanneutboorde is nog in die oorgangsfase na organies. “Ek besin nog of daar ’n mark vir organiese pekanneute is. Die voordeel hiervan is dat ek steeds organiese gewasse om en tussen die pekanneutboorde kan plant. Ek boer ook met konvensionele mielies en koring.”

Vir De Villiers gaan dit eerder oor die organiese beginsels as die inkomste, al moet hy soms produksie inboet.

“Organiese boerdery met sy premiepryse is nie noodwendig winsgewender nie, maar dit is bevredigend. Dit is ’n kopskuif wat jy maak.”

De Villiers glo soos sommige van sy ander buurmanne (almal jonger as 50) dat dié soort verbouing meer is as net ’n nuwerwetse manier van boerdery. Dit

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad9 min read
Gesukkel Met Finansiering Kry Grondprojek Nie Onder
Hulle wou al baie meer vermag het, maar deur te begin met dít wat hulle gehad het, is hy en sy vennote stadig maar seker besig om ’n boerdery staan te maak wat ’n beter toekoms vir hul kinders kan beteken, vertel Johannes Kamfer, terwyl hy na die vru
Landbouweekblad1 min read
PP Mong-trust Hou 30ste Suksesvolle Veiling
Die PP Mong-trust van Bertus Mong het op 4 Junie sy 30ste suksesvolle produksieveiling op die plaas Florina, Villiersdorp, aangebied. Die duurste Hereford-bul, lot 107, is vir R90 000 aan AS Isted van Barkly-Oos verkoop. Sewe bulle is teen gemiddelde
Landbouweekblad3 min read
RPO Bied Raad Oor Bek-en-klouseer
TWEE aangrensende eiendomme net buite Humansdorp en ’n plaas in die Zuurveld-gebied wat daarmee verbind word, het positiewe gevalle van bek-enklouseer opgelewer, terwyl ’n geval op ’n nie-verwante plaas 28 km wes van die aanvanklike besmette plaas oo

Related