Avontuur Afrika

PLAN C

“Wat is die plan?” Ek weerstaan die drang om druipstert in die motorhuis te gaan werk soek en besluit om nou maar my man te staan. “Uhm. Ja wel, ek het gedink om ‘n interessante roete deur die Noord-Kaap aan te pak en dan deur die Oos-Kaap terug te keer na Kaapstad. Ek skat ons sal so drie, vier dae op die pad wees – dalk meer…”

Die stilte is tasbaar en heeltemal te lank. Die Prof (vir dié van julle wat nie weet nie, ek was braaf genoeg om ‘n vrou te trou wat slimmer as die gemiddelde persoon in die wêreld is!) is tussen Zoom vergaderings waar daar ongetwyfeld onderwerpe vêr bo my vuurmaakplek bespreek word. “En waar beplan jy om te oornag?” blaf sy, steeds nie oortuig nie. “Uhm. Ja wel, ek het gedink ons kan sommer so in die ry kampplek soek of wat ookal…”

Hierdie gesprek gaan nie goed nie… “Kyk, as jy wil hê ek moet lang dae op pad in ‘n kar spandeer, wil ek in ordentlike plekke bly. Met storte!” Goed dan. Dit is dan nou so – die baas het gepraat. “En ek hoop ons ry in ‘n gemaklike motor…” sê sy voordat sy weer haar oorfone opsit vir die volgende vergadering met ander geleerdes.

Nie dat sy nog luister nie, maar daar is ten minste goeie nuus oor die laaste saak. Jaguar Land Rover het uiteindelik een van hul nuwe Defender 90’s vir ons beskikbaar gestel en ek is erg opgewonde om agter die stuur van dié heeltemal herontwerpte ikoon in te skuif. Andrew St. Pierre White het die nuwe Defender 90 uitmekaar getrek en die herontwerp ‘n massiewe teleurstelling genoem. ‘n Voormalige kollega was skepties en het gesê dit het omtrent dieselfde as-artikulasie as ‘n skaatsplank. Ek dink egter die oulike kortgat kan ons dalk verras (wel, na die pas afgelope gesprek hoop ek vir seker so!). Gelukkig kry ons die 240 S met staalwiele, stewige Wrangler veldrybande en die sogenaamde Explorer Kit.

My plan, soos gewoonlik met nie veel detail nie, is om op ‘n redelike wye sirkelroete na ‘n paar afgeleë dorpies in die Noorden Oos-Kaap te besoek. Toevallig begin meeste van die dorpe met ‘n “C”

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Avontuur Afrika

Avontuur Afrika1 min read
TEKEN IN & WEN
‘n Toer saam met Ultimate Adventures na die Richtersveld Nasionale Park in die Noord-Kaap, met die laaste nag by die Augrabieswaterval Nasionale Park. Geleë in Suid-Afrika se noordelike Namakwaland, is die Richtersveld ‘n bergagtige woestynlandskap w
Avontuur Afrika2 min read
G‘n Vrot Pampoen!
Het jy geweet daar is omtrent 900 verskillende soorte pampoen? (En het jy geweet komkommers en waatlemoene is eintlik deel van die pampoenfamilie? Maar dis ‘n storie vir ‘n ander dag…) So waarom – as daar soveel verskillende pampoene is – sal ‘n mens
Avontuur Afrika3 min read
‘N Ougat Huisie Op Wiele
Die Suzuki Eeco is in 2023 op die Suid-Afrikaanse mark bekend gestel en dit was ‘n onmiddellike gunsteling by besighede wat na ‘n klein karweiertjie en daaglikse ryding op soek was. Die manne by Suzuki SA het egter met die blink gedagte vorendag geko

Related