Avontuur Afrika

Die soektog na die eensame klipmanne van Kaokoland

Om na afgeleë gebiede, soos die Kaokoland in die verre Noord-Namibië te reis, is iets waaroor menige landreisigers slegs kan droom… Wye oop ruimtes, natuurskoon wat jou laat glo dit is ‘n olieverf skildery van weleer en stiltes wat sing, is slegs enkele redes om hierdie afgeleë gebiede op te soek.

Asof dit nie genoeg redes is nie, is daar nou nóg ‘n trekpleiser vir avonturiers na Noord-Namibië. Die geheimsinnige klipbeelde wat deel uitmaak van hierdie dor landskap, is besig om vinnig kultusstatus te kry, met mense wat van heinde en verre kom om hulle te soek. Om die misterie te verhoog, bly die kunstenaar wat hierdie “Lone Men of Kaokoland” reeks geskep het ‘n enigma – niemand weet wie of wat hy of sy is nie!

In ons vorige artikel het ons die groep se suksesvolle reis deur die berugte Van Zyl’s-pas en die groot opwinding nadat ons ons eerste klipman net voor die Kunenerivier opgemerk het, gedeel. Die gogga het behoorlik gebyt en jy kon sien hoe elke lid van die groep voortdurend die horison fynkam om seker te maak dat ons nie een van die geheimsinnige figure mis nie. Ons het reeds die een wat blykbaar êrens op Van Zyl’s-pas skuil gemis, so ons was vuur en vlam om die res op te spoor!

Nadat ons die pas voltooi het, besluit ek dit sal ‘n lekker bederf vir almal wees om na die warm en stowwerige dag in die Kunenerivier af te koel. Ek kies koers na ‘n krokodilvrye gaatjie tussen die rotse waar ons heerlik tydens vorige besoeke geswem het. “Volg my – ek het ‘n verrassing vir julle,” laat ek oor die radio hoor en ons trek weg, met die konvooi agterna. Na ‘n paar kilometer draai ons regs

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Avontuur Afrika

Avontuur Afrika2 min read
G‘n Vrot Pampoen!
Het jy geweet daar is omtrent 900 verskillende soorte pampoen? (En het jy geweet komkommers en waatlemoene is eintlik deel van die pampoenfamilie? Maar dis ‘n storie vir ‘n ander dag…) So waarom – as daar soveel verskillende pampoene is – sal ‘n mens
Avontuur Afrika3 min read
Vyf Veldry-roetes Om Jou Vyfdeur Te Toets
Hierdie gewilde 4x4-speelgrond, sowat 100km noord van Pretoria, bied ‘n 80km-lange roete, wat enigiets van 10 ure tot twee dae sal neem om te voltooi. ‘n Laestrek-ratkas en goeie grondvryhoogte is egter ‘n voorvereiste en bestuurders moet deur ‘n gid
Avontuur Afrika8 min read
Oorwin Kili Se Jonger Boetie
Mount Meru, wat oor die nabygeleë dorp Arusha uitkyk, staan trots op 4 562m. Baie min besoekers takel egter hierdie vulkaan, wat ‘n jammerte is aangesien dit ‘n baie unieke ervaring en – in sy eie reg – ook baie spesiaal is. Eerstens, aangesien dit s

Related