Avontuur Afrika

Basiese beginsels vir uitstekende voëlfot’s

Waarom spesifiek passie as ‘n belangrike aspek uitsonder? Wel, ek glo dis baie selde moontlik om sonder passie iets op ‘n uitstaande vlak te doen. Ek het ses uur lank met swaar toerusting geloop om uiteindelik – na meer as ‘n dekade – my eerste skoot van die skaars Pel se Visuil te kry. Sonder passie sou ek waarksynlik opgegee het!

In baie gevalle lei ’n belangstelling in voëlkyk mense tot fotografie, omdat ‘n foto dit makliker maak om later die voëls wat in die veld raakgesien is, te identifiseer. Hierna volg die strewe om ‘n foto van elke voël op jou voëllys te kry en daarna om die perfekte foto van elke voël te neem. Dit was presies hoe my fotografie reis ook begin het. ‘n Goeie voëlfoto is die sameloop van verskeie faktore: kwaliteit en rigting van die lig, komposisie, agtergrond, die regte kamera-stellings, die regte beligting, die omgewing en kennis van jou onderwerp.

Waar en wanneer?

Soos met meeste stokperdjies, is daar ook beter en slegter seisoene vir voëlkyk. Lente en somer, wanneer die jaarlikse aankoms van trekvoëlsoorte vir groot opwinding onder voëlkykers en fotograwe sorg, is beslis die beste tyd om jou voëllewe albums op te dateer en aan te vul. In die

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Avontuur Afrika

Avontuur Afrika2 min read
G‘n Vrot Pampoen!
Het jy geweet daar is omtrent 900 verskillende soorte pampoen? (En het jy geweet komkommers en waatlemoene is eintlik deel van die pampoenfamilie? Maar dis ‘n storie vir ‘n ander dag…) So waarom – as daar soveel verskillende pampoene is – sal ‘n mens
Avontuur Afrika3 min read
Vyf Veldry-roetes Om Jou Vyfdeur Te Toets
Hierdie gewilde 4x4-speelgrond, sowat 100km noord van Pretoria, bied ‘n 80km-lange roete, wat enigiets van 10 ure tot twee dae sal neem om te voltooi. ‘n Laestrek-ratkas en goeie grondvryhoogte is egter ‘n voorvereiste en bestuurders moet deur ‘n gid
Avontuur Afrika8 min read
Oorwin Kili Se Jonger Boetie
Mount Meru, wat oor die nabygeleë dorp Arusha uitkyk, staan trots op 4 562m. Baie min besoekers takel egter hierdie vulkaan, wat ‘n jammerte is aangesien dit ‘n baie unieke ervaring en – in sy eie reg – ook baie spesiaal is. Eerstens, aangesien dit s