Avontuur Afrika

Die perfekte grondepad avontuur

Ons reise het ons al van die sanderige roetes van die Namakwa Nasionale Park na die sinkplaatgrondpaaie in die Kgalagadi-oorgrenspark en noordwaarts na die teerpaaie van die Krugerwildtuin geneem. Vir hierdie reis het ons egter besluit om nader aan die huis te bly en ons uitgebreide avonture in en om die Wes-Kaap voort te sit.

Ek begin gewoonlik maande vooruit aan ons avonture beplan en hierdie keer was geen uitsondering nie. Aangesien die Jamaka Organiese Plaas & Oord in die Cederberg al vir meer as 13 jaar ons gunsteling kampterrein is, het ons besluit om dit weereens in te sluit. Ons hou egter ook daarvan om nuwe plekke te verken en daarom het ons besluit om hierdie toer bietjie uit te rek sodat ons op twee plekke, wat ons nog nie gesien het nie, kan gaan kamp – Moon River Boskamp en Ouplaas Kampterrein.

Ons verkies om soveel as moontlik van die besige snelweë en teerpaaie weg te bly, want ons hou daarvan om nuwe grondpaaie te verken. Dit word maklik gemaak deur Hilda, ons betroubare Aintree groen 2013 Land Rover Defender 110. Hilda is volledig toegerus en met haar 2.2-liter Puma-enjin is sy altyd reg vir enige avontur, ongeag waarheen ons wil gaan.

Met ons kampeerplekke bespreek, het ek die roete vir ons 14-dae lange reis op uitgewerk, wat ‘n totale afstand van 562 km besorg het. Alhoewel ons hierdie skilderagtige agterpaaie al verskeie kere gery het, sou dit ‘n nuwe belewenis

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Avontuur Afrika

Avontuur Afrika2 min read
G‘n Vrot Pampoen!
Het jy geweet daar is omtrent 900 verskillende soorte pampoen? (En het jy geweet komkommers en waatlemoene is eintlik deel van die pampoenfamilie? Maar dis ‘n storie vir ‘n ander dag…) So waarom – as daar soveel verskillende pampoene is – sal ‘n mens
Avontuur Afrika3 min read
Vyf Veldry-roetes Om Jou Vyfdeur Te Toets
Hierdie gewilde 4x4-speelgrond, sowat 100km noord van Pretoria, bied ‘n 80km-lange roete, wat enigiets van 10 ure tot twee dae sal neem om te voltooi. ‘n Laestrek-ratkas en goeie grondvryhoogte is egter ‘n voorvereiste en bestuurders moet deur ‘n gid
Avontuur Afrika8 min read
Oorwin Kili Se Jonger Boetie
Mount Meru, wat oor die nabygeleë dorp Arusha uitkyk, staan trots op 4 562m. Baie min besoekers takel egter hierdie vulkaan, wat ‘n jammerte is aangesien dit ‘n baie unieke ervaring en – in sy eie reg – ook baie spesiaal is. Eerstens, aangesien dit s

Related