Avontuur Afrika

Word een met die natuur

Blomme, herfsblare, bome en bas, rotse en rotsformasies, mosgroeisels, spinnerakke, saadpeule, skulpe, sampioene, songebleikte beendere, dryfhout en selfs voetspore kan alles in jou volgende fotografiese meesterstuk omskep word. Dit is waarom ek altyd my toerusting saamdra, waar ek ook al gaan – jy weet nooit wanneer die natuur daardie volgende kunswerk sal inspireer nie!

Blome en blare

Blomme en blare is een van my gunsteling voorwerpe om te fotografeer aangesien dit oral en altyd beskikbaar is. In Suid-Afrika is ons geseënd met baie seisoenale wilde blomme wat skouspelagtige natuurtonele bied. En kán ons land pronk as dit by blomme kom! Ons het die natuurlike verskynsel wat die Weskus gedurende Augustus en September in ‘n skouspelagtige blombedding verander. Kosmos omhul die paaie in en om Gauteng en Mpumalanga vroegherfs in skoonheid

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Avontuur Afrika

Avontuur Afrika2 min read
G‘n Vrot Pampoen!
Het jy geweet daar is omtrent 900 verskillende soorte pampoen? (En het jy geweet komkommers en waatlemoene is eintlik deel van die pampoenfamilie? Maar dis ‘n storie vir ‘n ander dag…) So waarom – as daar soveel verskillende pampoene is – sal ‘n mens
Avontuur Afrika3 min read
Vyf Veldry-roetes Om Jou Vyfdeur Te Toets
Hierdie gewilde 4x4-speelgrond, sowat 100km noord van Pretoria, bied ‘n 80km-lange roete, wat enigiets van 10 ure tot twee dae sal neem om te voltooi. ‘n Laestrek-ratkas en goeie grondvryhoogte is egter ‘n voorvereiste en bestuurders moet deur ‘n gid
Avontuur Afrika8 min read
Oorwin Kili Se Jonger Boetie
Mount Meru, wat oor die nabygeleë dorp Arusha uitkyk, staan trots op 4 562m. Baie min besoekers takel egter hierdie vulkaan, wat ‘n jammerte is aangesien dit ‘n baie unieke ervaring en – in sy eie reg – ook baie spesiaal is. Eerstens, aangesien dit s