Avontuur Afrika

Versorg jou huis weg van die huis af

Ek is ‘n gereelde kampeerder en versorg my toerusting goed, maar het onlangs skade gely nadat ek ‘n daktent buite my motorhuis gestoor het. ‘n Plaag rotte het hulself tuisgemaak in my tent en dit is heeltemal vernietig. Dié groot skade het my laat dink aan die beste maniere om jou huis weg van die huis te versorg, vir daardie periodes wat jy wel by die huis is. Hiermee dan ‘n paar voorstelle wat jou op die lang duur heelwat geld kan bespaar en selfs jou vakansie kan red.

Versorging na jou avontuur

Voordat jy jou sleepwa/karavaan wegbêre, moet jy nadink oor jou mees onlangse reis. Het jy deur water of diep modder gery? Indien wel, is dit ‘n goeie tyd om die wiellaers na te gaan aangesien water moontlik by die seëls verby gesypel het en in die laers gekom het. Sou jy die sleepwa/karavaan in hierdie toestand stoor, kan jy bes moontlik ‘n stewige herstelrekening verwag wanneer jy dit weer wil gebruik. Nog erger, jy kan skade op jou volgende reis teëkom wat nie net gevaarlik is nie, maar baie vinnig jou vakansie kan bederf.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Avontuur Afrika

Avontuur Afrika2 min read
G‘n Vrot Pampoen!
Het jy geweet daar is omtrent 900 verskillende soorte pampoen? (En het jy geweet komkommers en waatlemoene is eintlik deel van die pampoenfamilie? Maar dis ‘n storie vir ‘n ander dag…) So waarom – as daar soveel verskillende pampoene is – sal ‘n mens
Avontuur Afrika3 min read
Vyf Veldry-roetes Om Jou Vyfdeur Te Toets
Hierdie gewilde 4x4-speelgrond, sowat 100km noord van Pretoria, bied ‘n 80km-lange roete, wat enigiets van 10 ure tot twee dae sal neem om te voltooi. ‘n Laestrek-ratkas en goeie grondvryhoogte is egter ‘n voorvereiste en bestuurders moet deur ‘n gid
Avontuur Afrika8 min read
Oorwin Kili Se Jonger Boetie
Mount Meru, wat oor die nabygeleë dorp Arusha uitkyk, staan trots op 4 562m. Baie min besoekers takel egter hierdie vulkaan, wat ‘n jammerte is aangesien dit ‘n baie unieke ervaring en – in sy eie reg – ook baie spesiaal is. Eerstens, aangesien dit s