SA Hunter/Jagter

’N “PRESENT” -GEWEER

Ek wou eintlik nog nooit ’n .30-06 gehad het nie. Ek het altyd gesê my .375 H&H Magnum is meer as voldoende as my bosgeweer, veral omdat ek ’n lading daarvoor ontwikkel het wat geensins warm is nie en baie goed op gewone bosveldwild werk. Ek het altyd die .30-06-aanhangers verpes deur te sê dat dit te hard skop vir wat dit lewer. Natuurlik was dit ’n baie lekker kampvuur-onderwerp en ek moes menigmale onder die voorstanders van daardie kaliber om die vuur deurloop!

So het ’n maat van my toe ’n .30-06 in CZ gekoop en ek het hom gaan help om dit in te skiet. Dit was sy eerste geweer en ek het ook ’n skietkans daarmee gekry. Dit was niks besonders nie, maar ’n baie lekker werksgeweer. Soos dit maar gaan, het my gedagtes begin draai in die rigting om vir my dalk ’n soortgelyke geweer aan te skaf. Natuurlik het ek my gedagtes ver weg gehou van die manne wat ek altyd so oor dié kaliber verpes het!

Verlede jaar het ek een Woensdag besluit om van die kantoordruk weg te kom en by Safari Outdoor in Pretoria te gaan inloer. My vriend Jaap sê altyd wanneer ’n mens na daardie winkel toe gaan, dit beter is om die beursie by die huis te los, want jy koop maklik goete wat jy nie werklik van plan was om te koop nie... Soos die toeval dit wou hê, was hulle sowaar

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SA Hunter/Jagter

SA Hunter/Jagter8 min read
Hunting Grey Ghosts And Trout
Nostalgia can creep up on you unnoticed. As a geoscientist, I have always been highly observant and aware of my surroundings when doing fieldwork. The same goes for hunting, but it can become a hefty liability while yearning for “the good old days”.
SA Hunter/Jagter3 min read
Kry Die Afstand Met ROARK PRECISION OPTICS Se LEGACY 10x42
Verkykers met ingeboude afstandmeters is produkte wat al dekades vir die skietpubliek beskikbaar is. As produk het dit ’n militêre ontstaan gehad. Die eerste sulke verkyker/afstandmeter-kombinasies is in die 1980’s aan NAVO se kompaniebevelvoerders u
SA Hunter/Jagter4 min read
GRIEKSE MOUSSAKA Met ’n Wildsvleiskinkel
Lae sappige vleis, soet eiervrug, romerige witsous met ’n bros dakkie kaas – alles gebak tot stomende perfeksie. Dít klink mos nou soos ’n plan! Ek het altyd wildsmaalvleis in my vrieskas en het die pakkie koedoevleis só gekyk en net daar besluit dit

Related Books & Audiobooks