Landbouweekblad

’N WAKKER KOP VIR SOMME

As vyfdegeslagboer op ’n gevestigde veeplaas verg dit verfyning binne vertakkings om die boerdery in ’n beter toestand vir sy opvolger te laat, sê mnr. Duncan Currie van die plaas Lindisfarne naby Cathcart in die Oos-Kaap.

“Dit was nie nodig om die wiel te herontwerp nie. Ek kon die grondslag gebruik en nuwe tegnologie en metodes inbring om die boerdery vorentoe te laat gaan, iets wat dikwels ’n kwessie by baie boerderye is.”

Danksy tegnologie kon hy met minder bewerking die drakrag op weidings verbeter, wat uiteindelik ook koste verminder.

In dié gemengde boerdery, wat hoofsaaklik om die veevertakkings wentel, word meestal Merinoskape vir wol- en vleisproduksie aangehou, maar daar is ook ’n Dormerstoetery vir kruisteling en die speenlammark. Hy bestuur ook ’n drierigtingkruisteelprogram tussen Herefords, Angusse en Shorthorns om speenkalwers aan die mark te lewer.

Sy passie is egter skape, veral sy Lindisfarne-Dormerstoetery, wat hy ná sy aankoms op die plaas 12 jaar gelede geregistreer het.

Die plaas het van die oudste Dorsetbloedlyne in Suid-Afrika. Currie wou aanvanklik die Dorsetkudde uitbrei, maar kon nêrens ramme kry nie. Hy het toe besluit om sy kudde na ’n Dormerstoetery oor te skakel deur nuwe bloedlyne in te bring om sy Dorsets na Dormers op te gradeer. Ramme uit die stoetery word in Februarie op sy produksieveiling verkoop en hy hou ook teelramme vir homself. Currie is lid van die Winston-skaapgroep, Winston Woolies, wat

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Hawekrisis Vorder, Maar Dit Móét Vinniger
TERWYL die meeste uitvoervrugte Suid-Afrika deur die Kaapstad-hawe verlaat, is dit kommerwekkend dat dié hawe as die swakste ter wêreld benoem is. Volgens die jongste houerhaweprestasie-indeks (die CPPI) wat die Wêreldbank en S&P Global opstel, is di
Landbouweekblad5 min read
Strenger EU-reëls Op Pad ... ‘Maar Praat Met Die Boer’
DIE sybokhaarbedryf sal rekening moet hou met strenger regulasies van die Europese Unie (EU), was die sentrale boodskap op die pas afgelope kongres van Sybokhaar Suid-Afrika (SSA) op Graaff-Reinet. Suid-Afrika maan egter teen die oorhaastige instelli
Landbouweekblad5 min read
Australië Se Ysters
Die oorspronklike kolonies in Australië, sommige strafkolonies, was merendeels op die landbou ingestel en het vir naastenby ’n eeu afsonderlik ontwikkel voordat die federale staat soos ons dit vandag ken, in 1901 tot stand gekom het. Toe was daar ree