Julle sê ...
VIR ALLE LIG-ONDER-DIEMAATEMMER-KINDERS
Terwyl ander kinders gespeel en ander ma’s koffiedrinkafsprake gehad het, het jy en Mamma gesit en werk: ure aaneen. Kursusse is geloop in kognitiewe ontwikkeling en leervaardigheid. Vakansietye het Pappa jou aangery na leesklinieke. In die middae het Ousus geduldig gehelp met huiswerk. En so vorder jy, jaar ná verbete jaar, deur die skool, deur die universiteit, totdat jy hierdie jaar bo alle redelike, menslike verwagting ’n magistergraad verwerf het in maatskaplike werk. As taalversorger van jou verhandeling kon ek net glimlag as ek sien hoe jy steeds met spelwoorde stoei. En tog, hier lê dit voor my: 169 bladsye deur vele nagte deurgeworstel, met die stempel . . . sukses!
Deur my dekades in die onderwys het ek ’n paar raakgeloop: die lig-onder-die-maatemmer-kinders.
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days