DIE PROFESSOR EN DIE feetjie
Nov 05, 2021
5 minutes
DEUR LYDIA VAN DER MERWE
FOTO
VERSKAF
En nou is daar weer ’n kleinding om voor lief te wees, die lewe loop mos in sirkels
Blou Feetjie huppel en dans en sing, met rooi bolwange en woeste haredos. Haar blou is die blouste hemelsblou, wat sy na almal om haar uitstraal. En wanneer sy iemand ’n stukkie Geluk en ’n bietjie Hoop gegee het, tiekiedraai en wieliewalie en rondomtalie sy.
Wys is sy ook, want sy ken die kuns van fyn luister. Soms gaan sit sy suutjies teen die baie slim stene se warmte aangedruk. Hulle wat so oud soos die berge is, dalk self eens ’n berg was. By hulle leer sy wat dit beteken om met ’n sagte hart te lewe, “altyd, altyd saggies te trap”. Om nie te boelie en te skinder nie . ..
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days