Landbouweekblad

Mielie-opbrengs beïndruk in Groei vir Goud

Die Groei vir Goudkompetisie lok jaarliks groot belangstelling en is ’n gulde geleentheid vir boere om hul landboukennis uit te brei en by topboere te leer.

Die kompetisie het vanjaar weer hoëgehalte-inskrywings opgelewer. Die boere oor wie hieronder geskryf word, is die wenners van die onderskeie afdelings.

Mielieboere het in die volgende afdelings meegeding: besproeiing, watertafel, oostelike Hoëveld, sentrale produksiestreek, Noordwes, Oos-Vrystaat en KwaZulu-Natal.

WATERTAFEL

MNRE. KOBUS EN NEELS EKSTEEN boer by Hoopstad, Vrystaat, op die plaas Lapbosch. P2927 WYR van Pioneer het vir hulle ’n opbrengs van 13,1321 t/ha gelewer.

Neels en Kobus is broers. Kobus boer al van 1997 af saam met hul pa. Neels het in 2013 plaas toe gekom en hulle boer van 2013 saam.

“Die Pioneer-kultivar kom goed op en veroorsaak ook nie graadprobleme nie. P2927 WYR het ook ’n goeie staanvermoë, en sy opbrengs in die meer sanderige gronde is meer konstant,” sê Neels.

Hulle het aangeplant van 18 November tot 14 Desember met ’n ses-ry- John Deere 1750 MaxEmerge-vingerplanter. Hulle het van 17 Mei tot 12 Julie gestroop met ’n Case 2388 Extreme-stroper.

Die broers gebruik Westfert Hoopstad se kunsmis met ’n samestelling van 118 stikstof, 28 fosfor, 18 kalium, 1,2 sink en 8% swael

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad5 min read
Strenger EU-reëls Op Pad ... ‘Maar Praat Met Die Boer’
DIE sybokhaarbedryf sal rekening moet hou met strenger regulasies van die Europese Unie (EU), was die sentrale boodskap op die pas afgelope kongres van Sybokhaar Suid-Afrika (SSA) op Graaff-Reinet. Suid-Afrika maan egter teen die oorhaastige instelli
Landbouweekblad9 min read
Gesukkel Met Finansiering Kry Grondprojek Nie Onder
Hulle wou al baie meer vermag het, maar deur te begin met dít wat hulle gehad het, is hy en sy vennote stadig maar seker besig om ’n boerdery staan te maak wat ’n beter toekoms vir hul kinders kan beteken, vertel Johannes Kamfer, terwyl hy na die vru
Landbouweekblad3 min read
RPO Bied Raad Oor Bek-en-klouseer
TWEE aangrensende eiendomme net buite Humansdorp en ’n plaas in die Zuurveld-gebied wat daarmee verbind word, het positiewe gevalle van bek-enklouseer opgelewer, terwyl ’n geval op ’n nie-verwante plaas 28 km wes van die aanvanklike besmette plaas oo