Weg! Platteland

Hokaai – en dink mooi!

’n Klein huisie is nie vir almal nie, ongeag hoé groot jou smagting is om af te skaal en ’n eenvoudiger, meer bekostigbare leefstyl aan te gryp. Eerstens verg dit ’n ander ingesteldheid om oor te skakel na ’n erg beknopte ruimte in die geselskap van andere, al is hulle ook hoe maklik om mee saam te leef. Onthou die volgende:

• Voordat jy jou stadshuis verkoop, van al jou besittings ontslae raak en by ’n hut iewers in die bos intrek, gaan woon eers vir minstens ’n week in ’n klein plekkie saam met jou huis-of lewensmaat (en kinders, as jy het). Dit sal enige moontlike probleme na die oppervlak laat kom. Persoonlike gewoontetjies wat in ’n groter plek nie saak maak nie en selfs sjarmant kan wees, kan ná net een week in ’n klein huis tot moordgedagtes lei.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Platteland

Weg: Platteland10 min read
Ware Rus… Langs Die waters Van Sabie
‘Ek het al voorheen in my lewe perde gehad, maar vanjaar het ek die meeste tyd nóg in die geselskap van hierdie manjifieke diere deurgebring. Hulle is nie net kalmerend nie, maar ook ’n bietjie soos ’n spieël – hulle wys jou ware emosies vir jou,” sê
Weg: Platteland2 min read
Vrede In Die Eenvoud
Ek het al gewonder, as ek die bome en strate van my omgewing verlaat vir die stilte en die oopte van die Suid-Kaap se paaie, waarom ek juis dáár makliker ’n filosoof sou kon wees. Dalk is dit die eenvoud van die natuur wat dan plek maak vir gedagtes,
Weg: Platteland12 min read
SUTHERLAND Koue Dorp Vol Warm Harte
Iemand wil weet of Sutherland ’n Woolworths Food het. Nee, antwoord jy, die plekkie is hopeloos te klein vir so iets. “Maar daar is darem seker ’n Checkers, Pick ’n Pay en so aan?” Nee, nee! Die enigste behoorlike winkel op die dorp is ’n klein OK Fo

Related