Landbouweekblad

WEER WORD ÁL AKKURATER VOORSPEL

Boere meen dat weervoorspellings in onlangse jare verbeter het.

Die besonder akkurate windvoorspellings wat deesdae beskikbaar is, haal ook die raai uit plant- en spuittyd en maak dié aktiwiteite aansienlik doeltreffender en minder riskant.

Die akkuraatheid van reën- en windvoorspellings kan ’n groot uitwerking op sy boerdery hê, sê mnr. Danie Minnaar (regs) van die plaas Springboklaagte tussen Kroonstad en Welkom in die Vrystaat. Hy boer met mielies, sojabone, beeste, skape en wild.

“Wat die saaiery betref, het ons weervoorspellings om te weet dit sal binne tien dae nadat ons onkruiddoder gespuit het, kom reën om die spuitstof in die grond te was. Wat sleg is, is as reën voorspel word, jy spuit en die reën kom nie.”

Langtermynreënvoorspellings is nog nie akkuraat genoeg nie, maar die korttermynvoorspellings raak ál beter. “Beter as vyf of agt of tien jaar gelede, ja, hulle is beter. Ek het nie twyfel daaroor nie.”

Minnaar se ondervinding is dat langtermynvoorspellings 50-60% akkuraat is. “Die drie-tot-vier-dae-voorspellings is baie akkurater. As ek sê daar is ’n 70%-kans

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad9 min read
Gesukkel Met Finansiering Kry Grondprojek Nie Onder
Hulle wou al baie meer vermag het, maar deur te begin met dít wat hulle gehad het, is hy en sy vennote stadig maar seker besig om ’n boerdery staan te maak wat ’n beter toekoms vir hul kinders kan beteken, vertel Johannes Kamfer, terwyl hy na die vru
Landbouweekblad1 min read
PP Mong-trust Hou 30ste Suksesvolle Veiling
Die PP Mong-trust van Bertus Mong het op 4 Junie sy 30ste suksesvolle produksieveiling op die plaas Florina, Villiersdorp, aangebied. Die duurste Hereford-bul, lot 107, is vir R90 000 aan AS Isted van Barkly-Oos verkoop. Sewe bulle is teen gemiddelde
Landbouweekblad3 min read
RPO Bied Raad Oor Bek-en-klouseer
TWEE aangrensende eiendomme net buite Humansdorp en ’n plaas in die Zuurveld-gebied wat daarmee verbind word, het positiewe gevalle van bek-enklouseer opgelewer, terwyl ’n geval op ’n nie-verwante plaas 28 km wes van die aanvanklike besmette plaas oo