Weg!

Ons gaan see toe!

Ek gesels eendag met ’n kunstenaar wie langs die Weskus grootgeword het en baie van haar grootmensjare hier gebly het. Die see, wind en sand het mettertyd een te veel vir haar geword, en sy trek binneland toe. Maar skaars ’n jaar later hoor ek sy bly weer op St. Helenabaai.

Wat ook al die Weskus vir jou beteken – ’n branderryparadys, oerlandskappe vol fossiele en geskiedenis, ’n stil wegkruipplek, of huis – dit lyk asof die see, sand en wind aan ’n mens bly kleef. Op ’n goeie manier.

Wyk dié somer uit na een van dié unieke naweekplekkies en val in by die ritme van die getye. Glo my: Of die branders nou reg voor jou drumpel of doer op die horison breek, hulle gaan jou sus en skoonspoel.

LAMBERTSBAAI

Steenbokfontein-seeplaas

Steenbokfontein is ’n groot aartappelplaas wat aan die strand grens suid van die vissersdorpie Lambertsbaai. Die Burger-familie boer al ses generasies op dié grond, en die huidige Burger-boer aan stuur van sake is Albert en sy vrou, Carol.

Carol het my omtrent met plaaslike bederfgoed oorlaai! As ek weer sien, hou haar 4x4 voor die

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg8 min read
Kyk Waar Val Die Water!
“Zambiese immigrasie by Kazungula is glo ’n nagmerrie,” sê die vrou vir haar man by die tafel oorkant ons by die Chobe River Camp in Namibië. Ek spits my ore. “Hulle moes ál hulle skoene in die ontsmettingsmiddel druk.” Tot op daardie oomblik het ek,
Weg2 min read
Ontdek Die Verste Uithoeke Van Namibië
In Namibië voel dit dikwels asof jy die eerste mens is wat deur ’n landskap reis; verplaas na ’n ander, ongerepte era. As dit nog altyd op jou wenslys was om dié verafgeleë dele van ons buurland te ontdek is dié Kunenestreekfotografietoer vir jou. Do
Weg3 min read
Só Werk Die Gids
Dié tariewe is tans: Vir SAOG-lede: R100 p.p., R50 per kind jonger as 16 jaar en vanaf R50 per voertuig in die |Ai|Ais-, Etosha-, Namib-Naukluft-, Dorob-, Waterbergplato- en Skedelkus- nasionale park, Sperrgebiet en die Kaap Kruis-reservaat. Vir die

Related