Landbouweekblad

‘Onervare’ Merino-boer behaal toppryse met fynwol

In 2010 was die gemiddelde speenpersentasie van dragtige Merino-ooie op die plaas Kleiheuwel by Bredasdorp 75. Vandag het mnr. André Christie-Smith (45) en sy vrou, Pam (44), ’n dokter, ’n speenpersentasie van 116, wat steeds styg.

Hul Merino-skeersel het in 2008 meestal uit sterkwol van 20+ mikron bestaan. Vandag bestaan die hele skeersel uit fynwol, party net 15,4 mikron.

Wat dit so merkwaardig maak, is dat Christie-Smith maar sowat 13 jaar lank boer. Hy het voorheen administratiewe kantoorwerk in Suid-Afrika en Brittanje gedoen. Soos hy met ’n ondeunde knipoog sê: “Ek het dit gelukkig getref om vir my ’n plaas én my eie dokter te trou. Ek het niks van boerdery geweet nie en nooit voorheen op ’n plaas gewoon nie.”

Die verbetering van die kudde skryf hy aan drie kernaspekte toe. Hulle koop net uitsonderlike, aangepaste ramme by spesifieke stoettelers, die voedingrantsoene word voortdurend aangepas, en kundiges word mildelik ingespan vir raad wat verskillende fasette van die boerdery betref.

Toe Christie-Smith in 2008 plaas toe gekom het, was daar sowat 5 000 Merinoskape, waarvan 1 500 ooie en 2 500 hamels was. Die res was lammers. Vandag is daar 5 500 Merino’s, waarvan 1 600 ooie en 2 200 hamels is, en die

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Hawekrisis Vorder, Maar Dit Móét Vinniger
TERWYL die meeste uitvoervrugte Suid-Afrika deur die Kaapstad-hawe verlaat, is dit kommerwekkend dat dié hawe as die swakste ter wêreld benoem is. Volgens die jongste houerhaweprestasie-indeks (die CPPI) wat die Wêreldbank en S&P Global opstel, is di
Landbouweekblad5 min read
Strenger EU-reëls Op Pad ... ‘Maar Praat Met Die Boer’
DIE sybokhaarbedryf sal rekening moet hou met strenger regulasies van die Europese Unie (EU), was die sentrale boodskap op die pas afgelope kongres van Sybokhaar Suid-Afrika (SSA) op Graaff-Reinet. Suid-Afrika maan egter teen die oorhaastige instelli
Landbouweekblad5 min read
Australië Se Ysters
Die oorspronklike kolonies in Australië, sommige strafkolonies, was merendeels op die landbou ingestel en het vir naastenby ’n eeu afsonderlik ontwikkel voordat die federale staat soos ons dit vandag ken, in 1901 tot stand gekom het. Toe was daar ree