Koe'sister

’N EPIC ROAD TRIP

D is vroegoggend op ’n koue Maandag toe ek en my antie, Loretta, die pad vat Noord-Kaap toe. N7 langs Kaap uit. Ons is op pad om tradisionele vroedvroue te ontmoet en hulle kennis op te neem voor dit vir altyd verdwyn. (Lees meer op bl. 54.)

Ons teug aan ons koffie soos ons tussen die verkeer deur ry. Springbok is ons eerste bestemming vir die week, maar eers is daar ’n paar stoppe wat ons wil maak. Ons pak die Piekenierskloofpas en stop by De Tol Plaas Deli. Hulle verkoop onder meer regte koffie en rooibosgegeurde gin.

Loretta het vooraf gesê dat sy graag by Strassbergers, die leerskoenwinkel in Clanwilliam, ’n draai wil maak en na ek hulle pragtige blommereeks aanlyn gesien het, was ek ewe gretig. Ons stap daar uit met ’n paar stewels vir haar en veterskoene vir my. Ons ry aan en besluit om middagete by The Red Ox-restaurant by Letsatsi Lodge in Vanrhynsdorp te eet waar Loretta deur ’n swart swaan met ’n rooi snawel oor ’n welige groen grasperk gejaag word.

DIE KNERSVLAKTE

Daarna kry ons genadiglik nie met groot trokke of roekelose bestuurders te doen nie. Die pad vat ons deur die Knersvlakte, wat in 2014 tot natuurreservaat verklaar is. Ons hoor nie ’n geluid nie en dit voel verlate.

Dié beskermde gebied word gereken as een van die streke met die rykste biodiversiteit ter wêreld. Daar is sowat 1 500 spesies waarvan 190 endemies en 155 op die rooilys is. Kyk fyn tussen die Knersvlakte se kenmerkende wit kwartsklippies en jy sal plantjies sien soos bababoudjies, krapogies, duim-en-vinger en skuite.

Die gebied is ook kultureel belangrik en die historiese Griekwaplaas Ratelgat vorm deel van die reservaat. Die Griekwa-profeet Andries Abraham Stockenström le Fleur I is daar begrawe en Griekwas onderneem jaarliks ’n pelgrimstog soontoe.

Ons ry verby dorpies soos Garies, Karkams en Kamieskroon voor ons Springbok binnery. Daar is die krag al heeldag af, maar ons gastehuis het gelukkig ’n kragopwekker. Later die aand gaan soek ons ’n plekkie om te eet in die stikdonker dorp en kry die oulike Herb Garden-restaurant, met ’n kaggel, kragopwekker, smaaklike kos én vriendelike diens.

“Jy sal plantjies sien soos bababoudjies, krapogies, duim-en-vinger en skuite.”

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Koe'sister

Koe'sister9 min read
Beet It!
I love beetroot and I so enjoyed making this terrine. The beetroot slices are layered, with roasted onion cream cheese spread between each layer, and the endresult is topped with salted caramel macadamia nuts. I served it with a drizzle of balsamic g
Koe'sister1 min readPopular Culture & Media Studies
Die Verlosser
Artwork by Daniël Hugo. For more information, visit his Facebook and Instagram pages at @DanielHugoIllustration
Koe'sister4 min read
From Ina Paarman's Kitchen
This is one of the recipes that established my reputation in the early years. Very few of the ingredients have changed, but I now roast the vegetables first. Serve it garnished with butternut crisps for a special occasion. SERVES 6 Adjust the oven ra

Related