Landbouweekblad

BETROKKENES HOOPVOL OOR VRUGTEBEDRYF

Ná ’n lekker koue, nat winter in die meeste vrugteproduksiestreke, is vrugteboere vol hoop op ’n goeie seisoen.

Die bedryf maak hom reg om 15 miljoen tot 16,5 miljoen kartonhouers vrugte (gemiddeld 5,25 kg per houer) uit te voer.

“Na gelang van hoe die seisoen verloop, lyk dit na dieselfde grootte oes as verlede jaar, met ’n 8%-toename aan die bopunt (van die mark),” luidens ’n Hortgro-verklaring.

Die organisasie meen normaliteit het teruggekeer ná die droogte.

“Dit was ’n goeie winter, die lente was koel en die somer traag om te begin, maar ons sien uit na ’n goeie oes reg oor alle steenvrugtipes – mits die weer saamspeel,” volgens mnr. Jacques du Preez, hoofbestuurder van handel en markte by Hortgro.

Dieselfde geld tafeldruiwe, kersies en inmaakvrugte. Hoewel dit nog te vroeg is om te bespiegel oor produkte soos appels en sitrus, beskaam die hoop nie.

Hortgro voorspel sowat 3% meer pruime (altesaam 15,7 miljoen kartonhouers van 5,25 kg) as verlede jaar gaan uitgevoer word. Veral die vroeë en midseisoenkultivars is belowend.

Nektarienuitvoer kan met 13% tot bykans 7,4 miljoen kartonhouers (2,5 kg elk) styg.

“Dié styging is danksy jong boorde wat in produksie kom, asook nuwe kultivars met beter opbrengste. Boorde met dessertperskes het die afgelope jare afgeneem,” sê Du Preez.

Die kultivar Alpine se volume

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad2 min read
Byeboere Kry Meer Per Korf, Maar Is Dit Genoeg?
BYEBOERE is dankbaar vir die klein finansiële hupstoot wat hulle kan kry nadat die riglyntarief vir bestuiwingsdienste in die Wes-Kaap verhoog is. Die nuwe riglyntarief wat sedert 25 April van krag is, is R1 266,70 per korf, R145,70 per korf meer. Di
Landbouweekblad2 min read
Wêreldkongres Op Ons Voorstoep
“DIT is ’n bietjie soos om die Wêreldbekerrugbytoernooi vir bewaringslandbou aan te bied, en die beste boere en wetenskaplikes van oor die wêreld heen sal in Kaapstad byeenkom om oor bewaringslandbou te praat.” Só beskryf Chris Burgess, redakteur van
Landbouweekblad5 min read
Strenger EU-reëls Op Pad ... ‘Maar Praat Met Die Boer’
DIE sybokhaarbedryf sal rekening moet hou met strenger regulasies van die Europese Unie (EU), was die sentrale boodskap op die pas afgelope kongres van Sybokhaar Suid-Afrika (SSA) op Graaff-Reinet. Suid-Afrika maan egter teen die oorhaastige instelli