Landbouweekblad

VELE PLANNE VIR KLIMAATSLIM BOERDERY

In sekere kringe word die landbou as die bose aandrywer van klimaatsverandering voorgehou deur die kweekhuisgasse wat herkouervertering, stikstofbemesting en grondbewerking vrystel.

Die landbou dra wel tot verwarming by, maar deur dit die sondaar te maak, word die globale fossielbrandstofbedryf, die werklike groot besoedelaar waarvan die weë net op nasionale en globale vlak verander kan word, van blaam onthef.

Dit is veral diereproduksie wat onder skoot kom. Op die onlangse Cop26-beraad in Glasgow is die vrystelling van metaan deur koeie getakel met die ondertekening van ’n globale metaanonderneming. Die doel daarvan is om die vrystelling van metaan teen 2030 met 30% te verlaag.

Dit is egter produktiewer om te praat oor praktyke wat die landbou reeds toepas om die uitwerking van klimaatsverandering te versag of by ’n veranderende klimaat aan te pas.

Die plaaslike voorbeelde kan as inspirasie vir ’n omgewingsvriendeliker landbou in 2022 en verder dien. Kundiges sê wat werk en waar die haakplekke is.

LAAT GESONDE GROND VIR JOU WERK

Een van die beste maniere om die aanslae

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad5 min read
Strenger EU-reëls Op Pad ... ‘Maar Praat Met Die Boer’
DIE sybokhaarbedryf sal rekening moet hou met strenger regulasies van die Europese Unie (EU), was die sentrale boodskap op die pas afgelope kongres van Sybokhaar Suid-Afrika (SSA) op Graaff-Reinet. Suid-Afrika maan egter teen die oorhaastige instelli
Landbouweekblad9 min read
Gesukkel Met Finansiering Kry Grondprojek Nie Onder
Hulle wou al baie meer vermag het, maar deur te begin met dít wat hulle gehad het, is hy en sy vennote stadig maar seker besig om ’n boerdery staan te maak wat ’n beter toekoms vir hul kinders kan beteken, vertel Johannes Kamfer, terwyl hy na die vru
Landbouweekblad3 min read
RPO Bied Raad Oor Bek-en-klouseer
TWEE aangrensende eiendomme net buite Humansdorp en ’n plaas in die Zuurveld-gebied wat daarmee verbind word, het positiewe gevalle van bek-enklouseer opgelewer, terwyl ’n geval op ’n nie-verwante plaas 28 km wes van die aanvanklike besmette plaas oo

Related