SARIE KOS

Geheime wapen

Voorbladresep

Tuisbedryfvlakoek

My ma het haar eie tuisbedryf gehad en niemand se vlakoek was lekkerder as Susan Lensing s’n nie. Hierdie is haar geheime resep en hy smaak nog beter op dag twee.

genoeg vir een 20 cm-koek

KOEK

240 g (430 ml) koekmeel
80 g (142 ml) mielieblom
10 ml bakpoeier
2 ml sout
10 eiers, geskei
420 g (500 ml) strooisuiker
200 ml yswater

VULSEL

500 ml melk
40 g vlapoeier
1 ml sout
125 g (135 ml) sagte botter
210 g (250 ml) strooisuiker
5 ml vanieljegeursel
vanieljekoekiekrummels

Verhit oond tot 180 °C en spuit twee ronde koekpanne met ’n deursnee van 20 cm goed met kleefwerende kossproei. Sif meel, mielieblom, bakpoeier en sout saam in ’n groot mengbak. Klits eiergele en strooisuiker inGiet 400 ml van die melk in ’n skoon pot en bring tot kookpunt. Meng vlapoeier met die oorblywende 100 ml melk en voeg sout by. Roer vlamengsel vinnig met ’n ballonklitser by die kookmelk en laat kook tot ’n dik, gladde vla, sowat 3-5 minute. Skep vla in ’n skoon bak om af te koel en plaas ’n stuk bakpapier direk op die vla sodat dit nie ’n vel vorm nie. Klits dan botter en strooisuiker saam tot lig en romerig en voeg vanieljegeursel by. Klits die koue vla lepel vir lepel by totdat ’n fluweelagtige vulsel vorm. Verdeel afgekoelde koeke in twee lae elk. Plaas eerste koeklaag op ’n dienbord. Skep ’n kwart van die vulsel op die koek en versprei eweredig. Plaas tweede koeklaag bo-op en smeer nog ’n kwart van die vla oor. Herhaal tot jy al die koeklae en vla gebruik het. Strooi koekiekrummels oor vla en sit voor.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE KOS

SARIE KOS2 min read
Hoor Gou
Die ouderdom van (waarskynlik) die wêreld se oudste blikkie sjokolade. Dis in 1902 aan ’n skoolmeisie geskenk ter viering van die kroning van Edward VII, koningin Victoria se seun. Die lekkergoed, wat meer as ’n eeu onaangeraak gebly het, gaan nou op
SARIE KOS2 min read
DIE ROMERIGE GROEN LEKKERTE Avokado
● 3 resepte met avokado ● Perfek vir ontbyt ● In ’n lekker sous vir steak My kosheld het hierdie gereg een aand op TV gemaak en ek het in verwondering toegekyk. Ek moes dit net probeer. Die kors met avokado pleks van botter gaan jou hart oorrompel.
SARIE KOS6 min read
Stádige Kos, Vinnig-vinnig
● Wenke vir jou drukkoker● Só werk die tegnologie● 6 resepte met goedkoper vleissnitte Hierdie bredie gaan almal aan jou tafel beïndruk. Dis bekostigbaar met groot smake. Sit voor met basiliekruidpesto om deur die ryk sous te sny. GENOEG VIR 8 ●

Related