Weg! Ry & Sleep

Oliekolonie

Enjinolie speel ’n kritieke rol in jou voertuig se enjin omdat dit ’n glibberige laag op die metaaloppervlakke van die enjin vorm en sodoende slytasie verminder. Sonder enjinolie sal jou voertuig se enjin net vir ’n paar minute loop voordat hy vasbrand – en die gevolglike skade gaan lelik wees. As jy olie intap en dit gereeld vervang, kan jy ’n enjin se leeftyd verleng tot etlike dekades.

Goeie olie beperk nie net die wrywing tot die minimum nie, maar verbeter ook brandstofverbruik, bied weerstand teen roes wat andersins onderdele sou beskadig, en dit verkoel die enjin deur hitte weg te wiek.

Twee soorte olie is beskikbaar: sintetiese en mineraalolie. Laasgenoemde is gedistilleerde ruolie (of verwerkte steenkool) met verskeie bymiddels vir beter prestasie. Sintetiese olie is ondanks die naam nie heeltemal mensgemaak nie, maar eerder ’n natuurlike oliebasis wat chemies verander is, en dít is wat dit so duur maak. Halfsintetiese olie moet volgens die API-standaard (dit is die Amerikaanse Petroleuminstituut) minstens 10% sintetiese olie bevat om so genoem te mag word.

Die viskositeit – of weerstand teen vloeibaarheid – van enjinolie speel ’n beduidende rol

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Ry & Sleep

Weg: Ry & Sleep4 min read
My Vierde Kind
Wessel het jare lank ’n Land Rover Defender 300 TDi besit, maar dit het 12 jaar terug verander toe hy by ’n winkelsentrum in Rustenburg die bakkie raaksien waarna hy al soveel jare gesoek het. Kyk, ’n mens krap nie sommer ’n Defender 130 TD5 agter el
Weg: Ry & Sleep1 min read
Voertuigverkope Effens Beter
Die voertuigfinansieringsmaatskappy Wesbank berig dat die verkoop van nuwe rygoed in April vanjaar met 2,2% gestyg het vergeleke met dieselfde maand in 2023. Die syfer is vir die gesamentlike verkope van passasiers- en kommersiële voertuie. Passasier
Weg: Ry & Sleep6 min read
In Die Knyp!
Die vulsel vir hierdie pastei word tuis berei, plat soos ’n pannekoek gemaak in ’n Ziplocksakkie, en dan gevries. Dit maak pasteimaak by jou bestemming so maklik soos ontdooi, vou en braai! (genoeg vir 6) • 1 groot ui, fyngekap• 2 vet wortels, ges