Weg!

MENSE SE LENSE

NICK MATHIOS

IG: @nickm807

Canon EOS 550D

Canon 100--00 mm-lens

NICK SKRYF: Hierdie foto is geneem uit my gunsteling-voëlskuiling by Lake Panic in die Krugerwildtuin. ’n Visarend het ’n vis gevang en net sy ete geniet toe ’n reusereier sy kos wil dêps. Nodeloos om te sê het algehele panic gevolg, so ook onder die fotograwe in die skuiling.

Die twee groot voëls het elkeen sy vlerke gesprei om krag te vertoon en mekaar die stryd aangesê. Die onderonsie het ongeveer twee minute geduur.

My kamera was op Sport Mode, en ek het ’n sluiterspoed van 1/400ste van ’n sekonde, lensopening van f5.6 en ISO van 200 gebruik.

TOAST SÊ: ’n Visarend en ’n reusereier boks in die swaargewigliga as dit kom by voëls wat gewoonlik naby water hou.

Nick se foto illustreer tipiese voëlgedrag: Sprei jou vlerke en pof jou bors om die teenstander te intimideer. Dis ’n gelukskoot waarmee hy albei voëls se gesigte kon vasvang, al word die reier se gesig net van die kant af gesien. Dit lyk asof die visarend wil sê: ‘Nooit, Boet!’

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg8 min read
Kyk Waar Val Die Water!
“Zambiese immigrasie by Kazungula is glo ’n nagmerrie,” sê die vrou vir haar man by die tafel oorkant ons by die Chobe River Camp in Namibië. Ek spits my ore. “Hulle moes ál hulle skoene in die ontsmettingsmiddel druk.” Tot op daardie oomblik het ek,
Weg2 min read
Ontdek Die Verste Uithoeke Van Namibië
In Namibië voel dit dikwels asof jy die eerste mens is wat deur ’n landskap reis; verplaas na ’n ander, ongerepte era. As dit nog altyd op jou wenslys was om dié verafgeleë dele van ons buurland te ontdek is dié Kunenestreekfotografietoer vir jou. Do
Weg3 min read
Só Werk Die Gids
Dié tariewe is tans: Vir SAOG-lede: R100 p.p., R50 per kind jonger as 16 jaar en vanaf R50 per voertuig in die |Ai|Ais-, Etosha-, Namib-Naukluft-, Dorob-, Waterbergplato- en Skedelkus- nasionale park, Sperrgebiet en die Kaap Kruis-reservaat. Vir die

Related