![f0076-01](https://article-imgs.scribdassets.com/2dif3gjedcaas4xm/images/fileH818A090.jpg)
Die Koleos het nie ‘n maklike begin in die lewe gehad nie. In 2006 het dit vir die eerste keer soos ‘n lelike eendjie in ‘n splinternuwe dam vol aantreklike oorgangsportnutsvoertuie wat kopers se verbeelding aangegryp het, beland.
Op een of ander manier het die gewoonlik talentvolle Franse daarin geslaag om hierdie Renault ongemaklik (die woord “lelik” kom self by my op) laat lyk. Die onaardige gepunte neus het wel beteken dat dit met ‘n redelike naderingshoek gespog het en sy Nissan-afgeleide deeltydse vierwielaandrywingstelsel het aan die Koleos geloofwaardige veldryverrigting gegee. Maar ek en die meeste ander voornemede kopers kon nie verby die eienaardige stillering kyk nie en die