Briewe
![landbouza220303_article_008_01_01](https://article-imgs.scribdassets.com/1976f9pznk9koz3s/images/fileZNACTM9F.jpg)
![landbouza220303_article_008_01_02](https://article-imgs.scribdassets.com/1976f9pznk9koz3s/images/fileTAI7E1FK.jpg)
DAMME IS LEWENDE MONUMENTE
Oorvloedige reën, oorstromings en oorval damme is tans op almal se lippe, en ek lees gereeld daaroor in Landbouweekblad. Ek wil graag iets vertel oor die Bloemhofdam, ’n dam waarvan ek die “geboorte” eerstehands aanskou en beleef het.
Toe ek op 1 Januarie 1968 as ’n jong speursersant in die polisie op Bloemhof begin het, was die dambouery in volle gang. Skaars ’n kilometer van die dorp af was die “damdorp” waar die destydse departement van waterwese se dambouers gehuisves is. Dit was ’n dorp uit eie reg met voorafvervaardigde wonings, ’n winkel, ’n kafee en goed toegeruste sportgeriewe met tennisbane, ’n rugbyveld, ’n swembad en ’n ontspanningsaal. Die polisie het gereeld op die sportveld met die dambouers meegeding. Ons was
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days