Avontuur Afrika

Na-donker bekoring

Speel met vuur

Wat ook al die vraag, vir meeste Suid-Afrikaners is braai die antwoord! Selfs wanneer jy nie kamp nie en net by vriende kuier, vier ons die geleentheid deur te braai of ten minste ‘n gesellige vuurtjie aan te steek. Om hierdie oomblikke vas te vang, moet jy jou kamera op ‘n boontjiesakkie of driepoot stabiliseer en dan jou kamerastellings aanpas. Ek gebruik die lewendige beeld opsie (oftewel live view) om die presiese lig te kry wat ek in die beeld wil hê.

Om die vreemde krulle en kronkels wat die los tonge van die vlamme in die lug maak te vries, het jy ‘n vinnige sluiterspoed van ongeveer 1/1000s nodig. ‘n Wye lensopending (rondom F/4) en ‘n hoë ISO (sowat 2000) sal vir die vinnige sluiterspoed kompenseer. Hiervoor stel ek my kamera op ‘n hoë deurlopende skietmodus en neem sarsies van tien foto’s op ‘n slag, wat beteken dat elke foto anders sal lyk.

As jy die vlamme in surrealistiese beweging wil vasvang, sal die sluiterspoed moet verlaag na ongeveer 4 sekondes. Dit sal baie lig inlaat sodat jy kan besluit of jy

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Avontuur Afrika

Avontuur Afrika2 min read
G‘n Vrot Pampoen!
Het jy geweet daar is omtrent 900 verskillende soorte pampoen? (En het jy geweet komkommers en waatlemoene is eintlik deel van die pampoenfamilie? Maar dis ‘n storie vir ‘n ander dag…) So waarom – as daar soveel verskillende pampoene is – sal ‘n mens
Avontuur Afrika3 min read
Vyf Veldry-roetes Om Jou Vyfdeur Te Toets
Hierdie gewilde 4x4-speelgrond, sowat 100km noord van Pretoria, bied ‘n 80km-lange roete, wat enigiets van 10 ure tot twee dae sal neem om te voltooi. ‘n Laestrek-ratkas en goeie grondvryhoogte is egter ‘n voorvereiste en bestuurders moet deur ‘n gid
Avontuur Afrika8 min read
Oorwin Kili Se Jonger Boetie
Mount Meru, wat oor die nabygeleë dorp Arusha uitkyk, staan trots op 4 562m. Baie min besoekers takel egter hierdie vulkaan, wat ‘n jammerte is aangesien dit ‘n baie unieke ervaring en – in sy eie reg – ook baie spesiaal is. Eerstens, aangesien dit s