Avontuur Afrika

Magiese migrasies

Albei van ons is natuur-en kampeerentoesiaste en het Suid-Afrika al platgereis in ons betroubare Defender 90 bekend as Mr. Landy. Dit het ons van Durban na die punt van die vasteland, die wonderskone Ooskus, die Weskus, Kgalagadi, Namakwaland, Oos-Transvaal (vandag bekend as Mpumalanga) en baie natuurreservate en wildreservate tussenin geneem.

Ons is bevoorreg dat ons al byna na elke uithoek van Suid-Afrika getoer het en na elke reis is ons in verwondering oor die buitengewone land waarin ons woon. Die dorre skoonheid van Namibië het ons albei geïnspireer om kranige fotograwe te word. Hierdie avontuur het begin met ‘n drie-nag/vier-dag roei langs die Oranjerivier, gevolg deur die dorre skoonheid van die Richtersveld en die Skedelkus en natuurlik die hoogtepunt van ons besoek – die Spitzkoppe.

Hierdie ervarings het ‘n diepe begeerte by ons albei aangewakker om selfs meer van die manjifieke kontinent waarop ons woon te verken. Terwyl ons werkverpligtinge nou grotendeels ons reisskedule bepaal, sien ons uit na ons aftrede wanneer ons beplan om uitgebreide reise vir langer tydperke te onderneem. Noudat ons die sogenaamde “goue jare” bereik het, is ons vasbeslote om aan onsself te bewys dat die lewe eers werklik op 60 begin en hopelik ander te inspireer om ook hul harte te volg en avonture aan te pak.

Botswana was ons inleiding tot die “wilder” kant van Suider-Afrika.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Avontuur Afrika

Avontuur Afrika2 min read
G‘n Vrot Pampoen!
Het jy geweet daar is omtrent 900 verskillende soorte pampoen? (En het jy geweet komkommers en waatlemoene is eintlik deel van die pampoenfamilie? Maar dis ‘n storie vir ‘n ander dag…) So waarom – as daar soveel verskillende pampoene is – sal ‘n mens
Avontuur Afrika3 min read
Vyf Veldry-roetes Om Jou Vyfdeur Te Toets
Hierdie gewilde 4x4-speelgrond, sowat 100km noord van Pretoria, bied ‘n 80km-lange roete, wat enigiets van 10 ure tot twee dae sal neem om te voltooi. ‘n Laestrek-ratkas en goeie grondvryhoogte is egter ‘n voorvereiste en bestuurders moet deur ‘n gid
Avontuur Afrika8 min read
Oorwin Kili Se Jonger Boetie
Mount Meru, wat oor die nabygeleë dorp Arusha uitkyk, staan trots op 4 562m. Baie min besoekers takel egter hierdie vulkaan, wat ‘n jammerte is aangesien dit ‘n baie unieke ervaring en – in sy eie reg – ook baie spesiaal is. Eerstens, aangesien dit s

Related