Gee vir hulle liefde en rou kos
Die afgelope klompie dekades het die klem in dierevoeding al hoe meer begin wegbeweeg van diere na eienaars. Die dryfveer daaragter? Gerief. Kyk maar na die beskikbaarheid van goedkoop dierekos in supermarkte, hoe maklik en vinnig jy ’n dier kan kosgee, die min voorbereiding en vuil skottelgoed wat dit verg, en die vereiste dat die kos altyd “gebalanseerd” moet wees sodat dit voldoen aan die dier se totale daaglikse voedingsvereistes. Dit alles het daartoe gelei dat troeteldiereienaars hulle eerder wend tot droë pille of grofgemaalde produkte – en talle daarvan bevat baie koolhidrate.
Die dramatiese styging in vetsug, velprobleme soos haarverlies, stink asem, tandbederf en baie ander kwale kan dikwels toegeskryf word aan die toenemende gebruik van verwerkte produkte met ’n hoë koolhidraatinhoud.
Die probleme wat ontstaan weens hoogs verwerkte dierekos is goed gedokumenteer. Die spysverteringstelsel van honde (én katte) is gewoon nie ontwerp vir ’n oormaat koolhidrate nie – iets wat as vuller gebruik word in baie van die troeteldierpille op die rak.
Honde het ’n verskeidenheid van teksture nodig om hulle tande skoon te hou en vesel te verskaf. So dikwels voldoen pille nie hieraan nie omdat dit ’n mengsel van gemaalde en fyn bestanddele is wat saamgepers word.
’n Hond se daaglikse “gebalanseerde” voedingsvereiste is boonop grootliks ’n mite. Hulle voorgeslagte het in die algemeen ’n verskeidenheid geëet, oor ’n tydperk van etlike dae. Dit het ingesluit rou vleis, inwendige organe, bene, plantstowwe en ander goedjies wat hulle kon kry. Dis onwaarskynlik dat hulle voedingsbehoeftes op ’n daaglikse basis gebalanseerd was; dit was eerder oor ’n tydperk van ’n week of langer.
Die Australiese veearts dr. Ian Billinghurst stel voor ’n hond of kat se dieet moet sover moontlik ooreenstem met die evolusionêre dieet
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days