Weg! Platteland

Wie wil ’n eiertjie lê?

Wie onthou die dokter-se-vrou van die jare sewentig en tagtig: Sy was gewoonlik die dorp se ghrêndste mevrou, die neus gewoonlik so éffentjies hoër in die lug as dié van gewone sterflinge. Sy het in uitrustings verskyn wat min ander kon bekostig óf selfs bekom. Elke haar op die hoof was altyd, oral, op sy plek, en haar duur Duitse vuurwa het immer geskitter soos ’n Sparlettabottel.

Elize van Greunen mag dalk met dr. Andre van Greunen, ’n huisdokter op Joubertina, getroud wees, maar Mevrou Dokter dié is sy nié. En al woon sy op ’n plaas aan die rand van die dorp, is sy ook nie ’n boervrou nie.

Elize is ’n boer en entrepreneur. Iemand wat glo gesonde verstand is die hoofbestanddeel van ’n suksesvolle onderneming – en ’n lewende bewys dat diversifikasie in boerdery nóg mite nóg foefie is. En, as jy so

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Platteland

Weg: Platteland8 min read
1 Fiat 500 | 2ha | 4 seuns… 19000 myl!
Elsje Becker is ’n vrou met murg in haar pype en oemf in haar spiere. Hoe anders nadat sy ’n spannetjie van vier woelige seuns, die een ’n groter (selferkende) petrolkop as die ander, grootgemaak het? Dié ouma van sewe en grootjie van een is ’n vrou
Weg: Platteland2 min read
Vrede In Die Eenvoud
Ek het al gewonder, as ek die bome en strate van my omgewing verlaat vir die stilte en die oopte van die Suid-Kaap se paaie, waarom ek juis dáár makliker ’n filosoof sou kon wees. Dalk is dit die eenvoud van die natuur wat dan plek maak vir gedagtes,
Weg: Platteland2 min read
Só Werk Die ‘Platteland’-familie
Dit is vroeg in Maart en ons is op pad Noorde toe, die verloopte Hoëvelder en die Namakwalander. In ’n ou Ford-bakkie. Daar’s stories wat wag in Pretoria en Cullinan. Ons bly weg van die N1 af; kies eerder die stiller en mooier agterpad – Nieuwoudtvi

Related