Weg! Platteland

Dagga Bose dwelm of wondermiddel?

In 2012 het ’n jubelende Kelly McQue op Facebook aangekondig sy het haarself met dagga-olie genees nadat sy agt maande tevore met borskanker gediagnoseer is – en dít sonder enige gesondheidskwalifikasie of Westerse mediese hulp.

Kelly wou die ganse wêreld vertel watter kragtige gesondheidsvoordele Cannabis indica en Cannabis sativa inhou, maar dié twee hoofspesies “mediese” dagga was toe nog onwettig en is in die algemeen as gevaarlik, skadelik en hoogs verslawend beskou.

“Talle kulture het dagga oor die eeue medisinaal gebruik, totdat dit sowat 100 jaar gelede verbied is,” vertel sy. Al word van die beste dagga ter wêreld in die buitelug in Suid-Afrika gekweek – Platteland het oor die afgelope sewe jaar die plant in talle tuine raakgeloop! – is die gebruik daarvan vir medisyne én ontspanning veroordeel as skandalig en iets wat jy liefs in die geheim moet doen. Veral vrees vir die lang arm van die gereg, maar ook die vrees om sosiaal veroordeel te word, het ’n belangrike rol gespeel.

Die reaksie ná Kelly se Facebookplasing agt jaar gelede het erg gewissel: Party mense was verras, ander ondersteunend. Heelwat van hulle het vrae gehad, en talle vriende en familie het net tjoepstil gebly.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Platteland

Weg: Platteland5 min read
Die Voëlsoekers
Hopeloos te min mense weet van hierdie lieflike tuin by Caledonstraat 49 wat in November verlede jaar sy 25ste bestaansjaar gevier het. Die 16ha huisves twee damme, waaronder die Van Kerveldam wat in 1811 as George se eerste waterreservoir gebou is,
Weg: Platteland2 min read
Só Werk Die ‘Platteland’-familie
Dit is vroeg in Maart en ons is op pad Noorde toe, die verloopte Hoëvelder en die Namakwalander. In ’n ou Ford-bakkie. Daar’s stories wat wag in Pretoria en Cullinan. Ons bly weg van die N1 af; kies eerder die stiller en mooier agterpad – Nieuwoudtvi
Weg: Platteland5 min read
Op Verlorenvalllei Is Min Dinge Geheim
Klein dorpe het gewoonlik die grootste stories, want oral, in elke dorre streek of geil vallei van ons wye platteland, is iedereen óf beroemd óf berug. Almal ken mekaar se gesig of geskiedenis. Min dinge is of bly geheim. In elke dorp se Kerkstraat –

Related