Weg! Ry & Sleep

Die beker loop oor

Die jaarlikse Woonwaskou by die Gallagherkonferensiesentrum in Midrand het al ’n instelling geword en is die hoogtepunt op die bedryf se kalender, want hier kan jy al die nuutste modelle onder een dak sien. Buiten bestaande reekse is meer as 20 nuwe modelle ten toon gestel, en boonop het twee nuwe vervaardigers hulle buiging gemaak. Ons kyk na die heel nuutstes.

OUT BOUND CAMPERS

Out Bound is ’n nuwe woonwavervaardiger wat die mark met ’n stewige aanbod betree: Daar’s drie boswaens – die Thunder, Breeze en Blizzard – en twee boswoonwaens, die Cyclone en Hurricane. Die reeks is beskikbaar by Kempton Caravans.

Aanvanklik is die Thunder uit Australië ingevoer, maar deesdae word al die waens behalwe die Thunder en Hurricane plaaslik vervaardig. Die Thunder het ’n metaalromp, terwyl die res s’n van aluminium is – en almal se onderstel is gegalvaniseer.

Die deksel van die Thunder en Blizzard slaan oop oor die disselboom om die bed te vorm – met ’n tent wat bo-oor uitvou. Die leefgedeelte is dus in die romp waar jy inklim.

Met sy BVM van 750 kg is die Blizzard gemik op kampeerders met ’n gewone rybewys, en daarom is hy wat gerief betref, effens meer beskeie as die Thunder. Die Blizzard het ’n basiese kombuis met laaie en ’n gasstoof. Die Thunder is langer, met ’n glyraam weerskante van die deur: Op die een staan ’n ys-vrieskas en laaie, en op die ander die wasbak en gasstoof. Die Thunder se BVM is 1 750 kg.

Die Blizzard én Cyclone is prototipes, maar anders as die Blizzard met sy tentseil het die Cyclone vaste panele en ’n dak wat by die stertkant lig.

Dis ’n padwoonwa wat vir grondpad gebou is, en boonop ook lig genoeg om met jou gewone rybewys te sleep. Verder is hy met remme toegerus, wat beteken jy het ’n nog groter keuse van ligte voertuie waarmee jy

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Ry & Sleep

Weg: Ry & Sleep1 min read
Voertuigverkope Effens Beter
Die voertuigfinansieringsmaatskappy Wesbank berig dat die verkoop van nuwe rygoed in April vanjaar met 2,2% gestyg het vergeleke met dieselfde maand in 2023. Die syfer is vir die gesamentlike verkope van passasiers- en kommersiële voertuie. Passasier
Weg: Ry & Sleep4 min read
Mistieke Mianmar Op Motorfietse
Johan de Villiers en sy vrou, Kim Rew-De Villiers, is ervare motorfietsryers met heelwat veldtydwedrenne op hulle kerfstok. Hulle het al verskeie van ons buurlande waaronder Botswana, Zambië, Namibië, Tanzanië en Rwanda beleef en was op soek na iets
Weg: Ry & Sleep4 min read
Tweede by Derde Brug
Ek en my vrou, Heike, besit African Footprints Tour Facilitator in Namibië en ek besoek Botswana al amper 20 jaar. Dit sluit in bestemmings soos die Moremi-reservaat, die Chobe- nasionale park en die Savuti tussen die bewareas. Dis fassinerend om die